Jou Christen radiostasie vennoot

Radiokansel is ‘n gevestigde, betroubare, relevante media-stem en voorkeur Christen radiostasie en vennoot in Suid-Afrika, en verder. Met meer as vier dekades se uitsaai-ervaring, is hierdie vertroude handelsmerk ‘n welkome stem in huishoudings en besighede regoor die land.

Ons bring vir jou die Woord van God, perspektief en insig in alle aspekte van die lewe. Radiokansel verskaf al die inspirasie wat jy nodig het om deur die dag te kom. Ons programme help om gesinswaardes te herstel, die leiers van môre toe te rus en ’n morele nasie te bou. Ons spreek huidige en relevante kwessies aan vanuit ‘n Bybelse perspektief.

Wanneer jy op Radiokansel adverteer, stel jy ons in staat om ons visie te verwesenlik. Ons saai die lewegewende boodskap van Christus na Suid-Afrika, en verder, uit.

Saam met Radio Kaapse Kansel en die I Am Youth Movement vorm ons deel van die Kansel Media Groep. Ons eerste onafhanklike uitsending is op 4 Augustus 1981 gedoen.

Jou Christen radiostasie vennoot in Suid-Afrika

Radiokansel het ‘n LSM van 6-10 en saai in verskeie tale uit. Dit sluit in 35% Afrikaans en 35% Engels. Die oorblywende 30% bestaan uit verskeie Afrika-tale. Ons het ‘n baie lojale ondersteuner- en luisteraarbasis wat oor generasies strek. Ons dagstukkies (Die Woord vir Vandag, The Word for Today en die jeugoordenkings – Fuelled) bereik honderdduisende mense oor verskeie ouderdomsgroepe heen. Hierdie publikasies word in gedrukte en elektroniese formaat versprei en bereik sowat 250 000 lesers per dag!

Ons het talle Luisteraarsbetrokkenheidsprojekte en geleenthede. By hierdie geleenthede ontvang ons borge en diegene wat by ons adverteer hoë sigbaarheid.

Bank Besonderhede:

  • Rekeninghouer: Radiokansel
  • Bank: ABSA
  • Takkode: 632005
  • Rekening No: 1430 840 106
  • Verwysing: Jou selfoon nommer
Gee deur SnapScan

Verskillende maniere om te skenk

Jy kan ook aanlyn skenk met jou kaart. Indien jy Radiokansel in jou testament wil insluit, is ons hier om jou te help. Ons kan jou ook help om jou testament gratis op te stel.

Mag God jou seën en beloon vir jou getroue skenking. Ons bid dat Hy in al jou behoeftes sal voorsien volgens Sy rykdom in heerlikheid in Christus Jesus.



Current track

Title

Artist

Background