I Am Live

Geskeduleer op

Vrydag 18:00 20:00

Die jeug program met antwoorde vir almal

Tagged as , ,
Die program fasiliteer besprekings oor uitdagings wat uniek aan jongmense is. 



 

 

I Am Live is die primêre jeugprogram op Radiokansel.

Jou gashere is Given Masilela en Charl du Toit. Hulle nooi Afrika se jongmense uit om by  insiggewende en relevante gesprekke betrokke te raak. Die doel van die program is om jongmense te help om die moderne wêreld vanuit ‘n Christelike perspektief te verstaan. Onderwerpe dek tipies kwessies soos dating in die moderne era, en hoe sosiale media identiteit vorm.

Die program praat met millennials en Generasie Z. Hulle fasiliteer besprekings wat uitdagings, uniek aan hierdie groepe, aanspreek. Gesprekke het dikwels ten doel om moeilike vrae te beantwoord. Jy kan onderhoude met jong kunstenaars verwag asook waar om veilge sosiale ruimtes vir jong Christene te vind.

Moet egter nie die fout maak om te dink I Am Live is net vir jongmense nie. Dit is ook vir diegene wat met hulle werk, asook vir ouers wat meer begrip nodig het. Interessante onderwerpe en ingeligte gaste help jou om jong volwassenes,wat in ‘n geweldige gevorde tegnologiese era grootgeword het, te verstaan. Jy kan ook nuus oor tegnologie, musiek en dinge om oor die naweek te doen verwag.

Voorbeelde van onderwerpe:

  • Is daar ‘n regte manier om vroue te behandel?
  • Hoe om jou jeug verantwoordelik te geniet
  • Die Christen vrou in die moderne era
  • Hoe om OK te wees om nie gewild te wees nie
  • Sterk vroulike karakters in die Bybel
  • Hoe om voort te gaan om goed te doen gedurende donker tye

I Am Live word op Radiokansel sowel as op I Am Web Radio uitgesaai. Skakel in vir die program wat antwoorde vir vandag se jongmens het. As jy ‘n episode gemis het, sal jy dit in die potgooi afdeling vind.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


I Am Live span

'n Gekwalifiseerde klankingenieur en radio-aanbieder.

Given help jong mense om die moderne wêreld te verstaan.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM