Erflating aan Radiokansel
Jou Testament is meer as net jou materiële nalatenskap
‘n Testament is ‘n liefdesdaad wat die finansiële sekuriteit van jou familie verseker. Dit bied jou die keuse om te besluit hoe jou bates verdeel sal word.
Laat jou nalatenskap van geloof jou familie dra wanneer jy nie kan nie!
Dit is belangrik om te verseker dat jy ‘n geldige, opgedateerde en getekende testament het. So het jy ‘n geleentheid om deeglik te beplan wat jy graag wil hê met jou bates moet gebeur die dag wanneer jy tot afsterwe kom.
Ons kan jou help met die gratis opstel van jou testament en jy kan op die koop to op boedelbelasting bespaar.
Indien jy Radiokansel in jou testament wil benoem, is ons ook tot jou beskikking om jou daarmee te help, sou jy ons die voorreg gee om van jou voorneme kennis te dra, en daardie voorneme uiters vertroulik te hanteer.
Kontak ons nou. Ons is beskikbaar om enige aspek van u voorgenome erflating te bespreek. Besigtig ons brosjure hier vir meer inligting.
Ons voldoen aan die POPI-wet. Ons sal slegs u persoonlike inligting gebruik vir die doel waarvoor u dit gegee het. U sal slegs kommunikasie van ons ontvang waarvoor u ingeteken het. U persoonlike inligting sal nie met enige derdeparty-organisasie gedeel word nie.