Vertroulikheidsbeleid / Bepalinge & Voorwaardes

Wat is ons vertroulikheidsbeleid?

Radiokansel verstaan dat u privaatheid is vir u belangrik en u gee om hoe u persoonlike inligting gebruik word. Ons respekteer en waardeer die privaatheid van almal met wie ons kontak maak en gebruik die persoonlike inligting in so ‘n mate wat konsekwent is met ons verpligtinge en u regte onder die wet. Lees ons opgedateerde POPIA beleid.

Wat is ons veiligheidsbeleid?

Virtual Card Services verwerk alle kredietkaarttransaksies. Alle kredietkaarttransaksies is gekodeer in 128 bis Secure Socket Layers (SSL). Die maatskappy se registrasiedokumente en die webwerf se geregistreerde naam is aangeteken en geverifieer deur Thawte. Sodoende word die kaarthouer en handelaar verseker dat niemand die klient se private inligting kan kry nie.

Virtual Card Services verbind ditself tot die verskaffing van ‘n veilige aanlyn diens. Alle kodering is ooreenkomstig met internasionale standaarde. Kodering word gebruik om persoonlike inligting wat gestuur word tydens aanlyn transaksies te beskerm. Virtual Card Services se internet bedieners word beskerm deur firewalls en indringer opsporingsdienste.

Die handelaar het nie toegang tot die kredietinligting nie.

Virtual Card Services is gedurig besig om sy sekuriteitsmaatreëls te hersien en verbeter soos die hedendaagse tegnologie vooruitgaan.

Watter Bepalinge en Voorwaardes geld Vir hierdie webblad?

  1. Hierdie ooreenkoms word gereguleer deur die wette en regulasies van die Republiek van Suid Afrika.
  2. Radiokansel behou kopiereg op alle inhoud van www.radiokansel.co.za en www.radiopulpit.co.za
  3. U onderneem om as besoeker aan ons webtuistes, geen programmatiese verandering of skade daaraan te veroorsaak nie. U stel Radiokansel daarom vry van enige eis wat mag voortspruit indien u sodanige ongemagtigde verandering doen. U stel u ook bloot aan vervolging en betaling van skadevergoeding voortspruitend uit sodanige aksies.
  4. Radiokansel is nie aanspreeklik vir enige verlies of skade voortspruitend uit die gebruik of nie-gebruik van ons webblaaie nie.
  5. Radiokansel mag hierdie ooreenkoms en voorwaardes te enige tyd verander sonder vooraf kennis.
  6. Enige dispuut voortspruitend uit hierdie ooreenkoms en voorwaardes, mag hanteer word in ‘n Landroskantoor, tensy die waarde van die eis sodanige hof se jurisdiksie oorskry.
  7. Hierdie bepalings en voorwaardes is geldend indien ‘n besoeker Radiokansel se webblaaie besoek en enige van die dienste en fasiliteite gebruik, of daarvoor registreer, byvoorbeeld ons Finansiele ondersteuning, en ander.
  8. In geval van ‘n dispuut oor hierdie bepalings en voorwaardes, sal die Engelse weergawe hiervan gebruik word as die oorspronklike en bindende teks.

Wat is ons omruilings- & terugbetaling beleid?

Terugbetalings sal na goeddenke van die bestuur van die maatskappy geskied. Indien u verdere vrae het, is u welkom om ons te kontak.

Hulp / Ondersteuning

Vir enige tegniese hulp kontak gerus vir Anette van Schalkwyk by (012) 334-1200 of e-pos: avds@radiokansel.co.za.



Current track

Title

Artist

Background