Hier is Radiokansel se visie, missie en kernwaardes.

Visie

Om ‘n betroubare en relevante mediamaatskappy te wees wat mense aanmoedig en inspireer om ‘n betekenisvolle verhouding met Jesus Christus te hê.

Missie

  • Radiokansel is ‘n onafhanklike-, veeltalige-, multikulturele- en interkerklike mediamaatskappy wat die Evangelie van Jesus Christus verkondig.
  • As vinnig-aanpasbare mediamaatskappy in die digitale era produseer en saai Radiokansel radioprogramme uit, ondersteun deur publikasies en digitale-, sosiale-, en elektroniese media.
  • Radiokansel werk saam met geloofwaardige organisasies om beradings-, sending-, jeug- en gemeenskapsontwikkelingsinisiatiewe te ondersteun.
  • Die Maatskappy is ‘n verantwoordelike korporatiewe burger van Suid-Afrika en betroubare vennoot teenoor sy donateure.

Kernwaardes

Integriteit: Die uitvoering van alle take in ‘n gees van eerlikheid, vertroue en egtheid.
Uitnemendheid:  Toewyding tot die lewering van uitstaande werk.
Spanwerk: Onderlinge samewerking, oop kommunikasie en wedersydse respek vir mekaar.
Aanspreeklikheid: Neem verantwoordelikheid en eienaarskap vir eie optrede, gedrag en besluite.
Toewyding: Passie, lojaliteit en toewyding aan die Maatskappy bo en behalwe algemene verwagtinge.



Current track

Title

Artist

Background