Thursday Live

Geskeduleer op

Donderdag 18:00 20:00

Jou raad vir werkloosheid

Tagged as: , ,
Jou daaglikse reisgenoot vir die sakewêreld.



 

Thursday Live is ‘n unieke program op Radiokansel 657AM met die fokus om luisteraars vir die sakewêreld te bemagtig.

Kenners en entrepreneurs deel stories wat luisteraars aanmoedig tydens ‘n tyd waar Suid Afrika se ekonomie op die randjie van ineenstorting wankel. Die program het ten doel om ‘n antwoord op die hoë werkloosheidsyfer wat ons land in die gesig staar, te gee.

Thursday Live Radiokansel 657AM

Jou aanbieder is Godfrey Moabi. Voorbeelde van die onderwerpe wat hy bespreek is:

  • Skuldberading
  • Sekwestrasie
  • Hoe om jou eie besigheid te begin
  • Hoe COVID-19 ons besighede en ekonomie raak

Die program het ten doel om oplossings vir Suid-Afrika se hoë werkloosheidkoers te bied, en volgens Godfrey is een van die antwoorde entrepreneurskap.

Ek dink entrepreneurskap is die antwoord op die aanpak van die hoë werkloosheidsyfer. Nie net in Suid-Afrika nie, maar regoor die wêreld. Ons moet mense adviseer om ‘n entrepreneuriese benadering tot die lewe te hê.

“Of ons daarvan hou of nie, die dae van 8 vm – 4 nm werkssekuriteite kom vinnig tot ‘n einde, verduidelik hy. “Die COVID 19-pandemie het dinge meer kompleks gemaak. Baie mense het hulle werk verloor en sommige maatskappye is bankrot verklaar. Ek sien dit as die begin van ‘n nuwe era eerder as verdoeming en somberheid vir ons ekonomie. Wees jou eie baas en sit jou vaardighede en ervaring tot goeie gebruik. Gaan na hoër-onderwysinstelling, nie net om werk te kry nie, maar om werk te skep.  Tans is daar fondse beskikbaar vir klein sake-eienaars in Suid-Afrika en mense moet voordeel daaruit trek.”

Dit is God se hart dat mense voorspoed op all vlakke van hulle lewens moet ervaar. Met Thursday Live op Radiokansel 657AM, fasiliteer Godfrey gesprekke van bemagtiging. Hy wil God se mense suksesvol sien en bystaan op hulle reis na oorwinning.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes

Jammer, daar is nie iets op die oomblik nie.

Thursday Live span

Godfrey Moabi is al meer as 2 dekades deel van Radiokansel.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM