Daybreak with Wynand

Geskeduleer op

Maandag 06:00 07:00
Vrydag 06:00 07:00

Jou metgesel in die soeke na betekenis

Tagged as: , ,
Begin jou dag met 'n woord van God.

Die Woord vir Vandag Radiokansel

Daybreak with Wynand op Radiokansel 657AM bied ‘n nuwe begin, vars genade en inspirasie uit God se Woord.

Dit gaan oor ‘n familie wat met ‘n verwagtende hart in die teenwoordigheid van die Skepper saamkom. Ons vra saam vir Sy leiding vir die nuwe dag wat voorlê. Die onderwerpe wat ons dek, is so wyd as wat God se barmhartigheid ons alledaagse lewens aanraak. Dit wissel van familie, werk, gesondheid, finansies en bo alles, ons ewige bestemming. Volgens die aanbieder Wynand Rossouw is,

Daybreak daardie metgesel in die soeke na betekenis.

Hoogtepunte is ‘n daaglikse ontmoeting met luisteraars wat hul ervarings deur getuienisse en onderhoude deel. Ons geniet dit ook om met ons luisteraars via sosiale media platforms te gesels. Dit is ‘n eer om die Evangelie en al sy fasette met Suid-Afrikaners te deel.

Daar is ‘n geweldige behoefte in die wêreld om die waarheid te hoor en Daybreak beoog om juis dít elke oggend te preek. Daar is so baie harte wat steeds aangeraak moet word en dit is waarom Wynand sal aanhou om die Woord te verkondig.

Om die Evangelie in al sy skoonheid en fasette in elke huishouding en besigheid in Suid-Afrika te kry.

Daybreak word selfs meer spesiaal wanneer ons buite-uitsendings doen en luisteraars van aangesig tot aangesig ontmoet. Die aanraking van harte, die drukkie, die koffie, die deel van die Een Groot Liefde onse Here Jesus Christus wat al ons lewens verander het. As jy ‘n program gemis het, of net weer wil luister of met iemand wil deel, kan jy dit by ons Dagreek/Daybreak potgooi afdeling vind.

Begin jou oggend met ‘n woord van God deur in te skakel op Daybreak with Wynand op Radiokansel 657AM en Radio Kaapse Kansel.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


Daybreak with Wynand span

'n Geliefde stem op Radiokansel.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM