Wynand Rossouw


Wynand Rossouw shows

Brandpunt met Wynand Rossouw

Kontroversiële kwessies met Christelike perspektief

Brandpunt

Goeie Nuus Tyd

WAT JY NODIG HET OM JOU DAG MET GOEIE NUUS TE BEGIN

Goeie Nuus Tyd Radiokansel

Daybreak with Wynand

Jou metgesel in die soeke na betekenis

Daybreak Wynand Radiokansel 657AM

1

Wynand Rossouw is ‘n voltydse aanbieder op Radiokansel 657AM. Hy is passievol om die Woord van God as omroeper te verkondig. Deur die verskeie programme wat hy aanbied, wil hy luisteraars ophef en die Evangelie van ons Here Jesus Christus bevorder.

Ongeveer 300 kilometer vanaf Kaapstad, in die Sandveld in die Wes-Kaap, is ‘n klein dorpie genaamd Graafwater. Dit is waar die gesoute uitsaaier grootgeword en gematrikuleer het. Na matriek het hy sy twee jaar verpligte militêrediens gedoen.

Later ontdek hy sy liefde vir media by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, die SAUK, in Kaapstad waar hy ses jaar lank gewerk het. Op 23 Julie 1989 het Wynand sy lewe aan Christus oorgegee.

God was my genadig en het my uit die kloue van die hel weggetrek. Hy het my tot ‘n nuwe lewe in Christus, my Verlosser, geroep.

Hy verhuis uiteindelik vanuit die “Moederstad”, Kaapstad, na Port Elizabeth, ook bekend as die “Winderige stad”. Hier ontmoet hy die liefde van sy lewe, sy vrou Helena. Hulle is met twee rooikopkinders, Darius en Karien, geseën.

Wynand Rossouw – Radiokansel

Radio was nog altyd sy passie en hy glo daaraan om lewe deur die suiwer Woord van God te bring. Hy doen dit deur die kragtige instrument van klank en gebruik sy gawe van uitsaai om die nasie te dien.

Ek het nou die voorreg om die Evangelie op Radiokansel te verkondig in hierdie seisoen van my lewe. Ek beskou dit as ‘n wonderlike voorreg!

Wynand se besondere stem is altyd met wysheid, grasie en gesag gevul. Hy beoog om die perspektief van die luisteraars deur elke program wat hy aanbied, en vervaardig, te verbreed.

Skakel in vir programme soos Goeie Nuus Tyd, Brandpunt, Daybreak en Skriftuurlik om na Wynand te luister en geseën te word deur dit wat God deur hom doen.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM