Focus on the Family

Geskeduleer op

Maandag 00:30 01:00
Maandag 11:30 12:00
Maandag 21:00 21:30
Woensdag 21:00 21:30
Donderdag 01:30 02:00
Vrydag 00:30 01:00
Vrydag 11:30 12:00
Saterdag 01:30 02:00
Sondag 22:30 23:00

Ons staan langs jou gesin

Tagged as: , ,
Ondersteuning vir families om hulle kinders oor God te leer.

Adverteer op Radiokansel 657AM

Focus on the Family is ‘n gewilde segment op Radiokansel. Die aanbieders bestaan uit verskeie kundiges van die internasionale bediening met dieselfde naam. Een van ons kernwaardes in ons visie en missie stelling is om familiewaardes te herstel, daaro beveel ons hierdie program aan vir die uitdagings wat gesinne vandag in die gesig staar.

Focus on the Family is ‘n wêreldwye Christelike bediening. Hulle is toegewy daaraan om families te help floreer en bied ook hulp aan paartjies om gesonde huwelike te bou, huwelike wat God se plan vir die familie weerspieël. ‘n Belangrike fokus is om ouers te ondersteun om hulle kinders volgens Bybelse waardes groot te maak.

Ons wil saam met families die relevansie en genade op elke stadium van hulle reis beleef.

Focus on the Family ondersteun families om kinders oor God en Sy pragtige ontwerp vir families te leer en om ook om hulself teen die skadelike invloede van kultuur te beskerm. Ons wil families toerus om ‘n groter verskil in die lewens van diegene rondom hulle te maak. Dit maak nie saak wie jy is nie, waardeur jy gaan of watter uitdagings julle in die gesig staar nie. Ons is hier om te help.

Tipiese onderwerpe:

  • Huwelik (kommunikasie, sukses, intimiteit)
  • Ouerskap (kommunikasie, skool, dissipline)
  • Geloof (evangelisasie, geestelike lewe, herders)
  • Maatskaplike Kwessies (Koronavirus, politiek, menseregte)
  • Pro-lewe (aborsie, aanneming, spesiale behoeftes)

Skakel in vir Focus on the Family elke weeksdag op Radiokansel 657AM.


Lees meer

Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM