Filling the Gap

Geskeduleer op

Maandag 19:00 20:00
Woensdag 01:00 02:00
Saterdag 07:00 08:00

Suksesvolle dialoog tussen generasies

Tagged as: , ,
Die program het ten doel om dialoog tussen generasies te bevorder.



 

Filling the Gap op Radiokansel 657AM poog om ‘n multi-generasie samelewing te skep wat God verheerlik.

Die program spreek kwessies soos dwelmmisbruik, groepsdruk, jong huwelike en meer aan. Die doel is om tieners en jong volwassenes te help om deur die uitdagings van die lewe te kom.

Ouers en bekende persone sluit by die program aan en deel vanuit hulle lewenservaringe en wysheid. Rolmodelle, soos Mnr Suid-Afrika, deel getuienisse in die hoop om jongmense te inspireer om hulle lewensdoel te bereik, om aan te hou werk en om alles te wees wat God hulle geroep het om te wees.

Filling the Gap – Radiokansel 657AM

Die program het ten doel om dialoog tussen generasies te bevorder, om ons jeug te leer hoe belangrik dit is om jouself deur woorde uit te druk. Oop kommunikasie tussen verskillende ouderdomme is noodsaaklik om die generasie gaping te vul. Hierdie program bied die platform om juis dit te kan doen.

Dwain van Rensburg is ons aanbieder en hy het baie ervaring op hierdie gebied. Hy is ‘n professionele motiveringsafrigter, skoolhoof, pastoor en radio-aanbieder. Dwain is passievol oor God, sy familie, jeug, musiek en sport. Hy is ook die mede-eienaar van die Entheos-groep en Entheos Ministries. Die groep besit drie skole: Entheos Christian School, Jungle Junction English Campus en die Jungle Junctions Afrikaanse Kampus. Hy het self voorheen professionele rugby gespeel. Dwain kombineer sy liefde vir sport en mense wanneer hy as professionele geestes-afrigter vir Unleashed Boxing in die SA bokswêreld dien. Hy beskryf homself as iemand wat die werking van die Heilige Gees liefhet, lofprysing en aanbidding en wat Koninkryk-georiënteerd is.

In Filling the Gap op Radiokansel 657AM poog ons om tieners en ouers te help om ‘n multi-generasie samelewing te skep. So kan hulle God verheerlik en waarde toevoeg tot die Koninkryk van God.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


Filling the Gap span

Dwain is passievol oor God, sy gesin, jeug, musiek en sport.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM