Dwain van Rensburg


Dwain van Rensburg shows

Dwain van Rensburg is ‘n Radiokansel aanbieder, sakeman, skoolhoof, pastoor, radio-omroeper en seremoniemeester. Hy is passievol oor God, sy gesin, jeug, musiek en sport.

Agtergrond

Sy voornaam, Dwain, beteken “die Rots” en sy tweede naam, Christopher, beteken “soos Christus”.

Ek probeer om die betekenis van my name deel van my daaglikse lewe te maak en wil graag bekend staan as iemand wat op die onwankelbare rots van ons Koning geplant is.

Dwain deel openlik oor die foute wat hy in sy lewe gemaak het en herinner mense daaraan dat jou ware karakter nie gemeet word aan die aantal kere wat jy geval het nie, maar eerder die aantal kere wat jy opstaan en daardie foute regstel.

Hy is met Anri getroud, wat volgens hom die belangrikste rede is waarom hy is waar hy in die lewe is. “Sy ondersteun my ten volle in elke aspek van my lewe,” vertel Dwain. Hulle is geseën met twee kinders, Dwain sê dat sy kinders hom die ware betekenis van die hart van die Vader geleer het. “Toe ek Diana in my arms hou, kon ek vir die eerste keer die hart van die Vader voel en sy opoffering verstaan; hoe sy hart moes gevoel het toe Hy sy Seun vir ons geoffer het,” sê hy.

Loopbaan

Dwain is die mede-eienaar van die Entheos Group en Entheos Ministries waar hy ook pastoor by Entheos Family Church is. Die groep besit drie skole, naamlik die Entheos Christian School, Jungle Junction English Campus en die Jungle Junctions Afrikaanse Kampus. Behalwe dat hy ‘n skoolhoof is, is hy ook die eienaar en vennoot van Shaphar Productions. Hy het voorheen professionele rugby gespeel en kombineer hy sy liefde vir sport en mense wanneer hy ook as professionele geestes-afrigter vir Unleashed Boxing in die Suid-Afrikaanse bokswêreld dien.

Dwain beskryf homself as iemand wat lief is vir die werking van die Heilige Gees, lof en aanbidding en wat Koninkryksgerig is.

Skakel in saam met Dwain vir Pulpit Sport en Filling the Gap.



Current track

Title

Artist

Background