Adverteer op jou daaglikse reisgenoot

Wanneer jy op Radiokansel, jou daaglikse reisgenoot, adverteer, stel jy ons in staat om ons visie te verwesenlik. Ons saai die lewegewende boodskap van Christus na Suid-Afrika en verder uit.

Kliek HIER vir ons nuutste tariefkaart

Kontak persoon

  • Jean Lung: KMG Groep Kommunikasiebestuurder
  • Tel: +27 12 334 1237
  • E-pos: jean@radiokansel.co.za

Meer oor Radiokansel

Radiokansel 657AM is al meer as drie dekades lank luisteraars se daaglikse reisgenoot. Ons programme help om gesinswaardes te herstel, die leiers van môre toe te rus en ‘n morele nasie te bou. Ons bespreek relevante kwessies vanuit ‘n bybelse perspektief. Radiokansel is jou Daaglikse Reisgenoot vir nuusmusiekleefstyl en besigheid, gebaseer op die Woord van God. Ons nooi kundiges uit om aan die gesprekke deel te neem, en luisteraars op hul lewensreis te help. Saam met Radio Kaapse Kansel, en die I Am Youth Movement vorm ons deel van die Kansel Media Groep. Ons eerste uitsending het op 4 Augustus 1981 plaasgevind.

Waarom jy op Radiokansel moet adverteer

Wanneer jy op Radiokansel adverteer kry jy die voordeel van ‘n betroubare handelsmerk met ‘n gehoor op verskeie uitsaai- en sosiale media platforms.

Volgens onafhanklike navorsing wat in 2018 deur Freshly Ground Insights Africa (FGI) gedoen is, het Radiokansel ‘n luisteraarsbasis van 200 000. As jy op Radiokansel adverteer kry jy blootstelling oor die luggolwe, sowel as op talle ander platforms.

Getalle

  • Luisteraars: 200 000+
  • Facebook: 220 000+
  • Facebook reach: Ongeveer ‘n gemiddeld van 1.3 miljoen per maand
  • Woord vir Vandag leserstal: 250 000

Skakel in op die volgende platforms

Radiokansel het ‘n LSM van 6-10 en saai in verskeie tale uit. Insluitend 35% Afrikaans, 35% Engels en die oorblywende 30% bestaan uit ander volkstale. Ons het ‘n baie lojale luisteraarsbasis wat oor geslagte heen deurgegee is. Ons dagstukkie publikasies (Die Woord vir Vandag, The Word for Today en die jeug weergawe – word4U2day) in vennootskap met die Kansel Media Groep bereik honderde duisende mense oor verskillende ouderdomsgroepe. Hierdie publikasies word in gedrukte en elektroniese formaat versprei en bereik 250 000 lesers per dag!

Die radiostasie het talle luisteraars betrokkenheidsprojekte en geleenthede waar nie net Radiokansel nie, maar ook die borge en diegene wat saam met ons adverteer, ‘n hoë sigbaarheid het.

Radiokansel is Jou Daaglikse Reisgenoot en jy kan 24/7 inskakel, waar jy ook al is.

Kliek HIER vir ons nuutste Radiokansel tariefkaart

Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM