Op Pulpit Sport deel Radiokansel die nuutste nuus oor Sport van regoor die wêreld, sowel as getuienisse van sport persoonlikhede.
Christelike sportmanne en -vroue sluit by ons aan om hulle ervarings op en van die sportveld af te deel en luisteraars leer hulle gunsteling sportpersoonlikhede beter ken. Ons hoor ook inspirerende getuienisse oor wat God in ons sporthelde se lewens gedoen het.
Sport strek verder as net die veld.
Die invloed en opwinding is meer as net die 90 minute wat rugbyspelers probeer om daardie drie te kry! Die lewens van die sport-entoesiaste is meer as net hul blêrende vuvuzelas terwyl hulle hul gunsteling sokkerspeler aanpor om die bal in die net te kry.
Wees ‘n goeie sport en skakel in vir jou nuus en meer by Pulpit Sport op Radiokansel. Die program word deur Dwain van Rensburg aangebied waar hy ook besonderhede oor sportgeleenthede, besprekings, inligting en aanmoediging deel.
Dwain is ‘n professionele spreker, skoolhoof, pastoor en radio-aanbieder. Hy is passievol oor God, sy familie, jeug, musiek en sport. Hy het professionele rugby gespeel en kombineer sy liefde vir sport en mense in sy rol as motiveringsafrigter vir Unleashed Boxing Suid-Afrika.