GNT bied luisteraars twee ure van nuus, musiek en inspirasie vir die dag wat voorlê. So vier ons ook as Bruid van Christus saam die Here. Die program het ten doel om luisteraars oor die alledaagse lewe, in ooreenstemming met God se hart, te betrek. Jy kan gebruik maak van verskeie kommunikasiekanale om jou sienings en ervarings te deel.
Op Goeie Nuus Tyd leef ons Sy Woord, het Sy liggaam lief en volg ons Christus passievol.
Interaksie met Goeie Nuus Tyd luisteraars op Radiokansel is ‘n hoogtepunt van die program. Dit sluit in besprekingspunte, gebedsversoeke, temas, en tipiese scenario’s in die lewe van Suid-Afrikaners en ons hoor en deel ook getuienisse.
Daar is elke dag iets spesiaals om na uit te sien op GNT.
Een van die hoogtepunte van Goeie Nuus Tyd is ons onderhoude met ‘n wye verskeidenheid mense uit verskillende agtergronde. Die keuse van onderwerpe wissel van apologieë tot daaglikse inspirerende boodskappe. Ons kry ook gereeld kundiges om te deel oor ‘n wye verskeidenheid van onderwerpe wat ekonomiese sake, die Christen in die moderne era, ouerskap, die huwelik en lewensvaardighede insluit.
Goeie Nuus Tyd is ook Jou Daaglikse Reisgenoot van verkeer- en weerverslae tot plaaslike en internasionale nuusgebeure. Ons deel ook sporthoogtepunte en goeie musiek, maar die belangrikste deel is natuurlik die inspirasie uit God se Woord. Regstreeks op Radiokansel 657AM, DStv-kanaal 882, Open View kanaal 607 of aanlyn.