Janine van Niekerk


Janine van Niekerk shows

Goeie Nuus Tyd

WAT JY NODIG HET OM JOU DAG MET GOEIE NUUS TE BEGIN

Goeie Nuus Tyd Radiokansel

Kleurvol

Ontdek die hart agter gospelmusiek

kleurvol janine Radiokansel 657AM

Good News Time

Wat jy nodig het om jou dag met goeie nuus te begin

Good News Time Radiokansel

Janine is ‘n bekroonde radio-omroeper en mede-aanbieder van Goeie Nuus Tyd / Good News Time en Kleurvol op Radiokansel. Sy is ook bekend as ‘n bemoedigende en inspirerende spreker, skrywer, MC en stemkunstenaar.

Janine is met Cecil van Niekerk getroud en is die moeder van drie pragtige kinders; Paul en tweelinge, Elmien en Leila. Sy is ook ‘n ywerige hardloper en kreatiewe media-evangelis. Janine gebruik geskrewe media, sosiale media en haar blog om mense met die Woord van God en sy goddelike doel vir hul lewens te verbind. Sy gee opleiding aan Christene oor hoe om mense vir Christus op verskillende sosiale media platforms te beïnvloed.

Sy is ‘n kundige op die gebied van Suid-Afrikaanse gospelmusiek. Jy kan dit hoor wanneer sy dit met luisteraars op haar programme deel. Janine gebruik hierdie geskenk om die gospelbedryf tot Sy eer te help beïnvloed en uit te brei. Sy bestuur ook die SAMA-bekroonde Afrikaanse gospelkunstenaar, Retief Burger.

Janine het ‘n CD anoniem uitgereik vir kinders met die naam “Stuurwielstories”. Hier word verhale vertel van hoe die “Agies” basiese radikale Christendom ontdek. Meer as 11 000 van hierdie CD’s is versprei. Dit is ook in Engels vertaal en staan bekend as Wonderstories.

Sy het ‘n Baccalaureus Kunste aan die Universiteit van die Vrystaat en ‘n Joernalistiekdiploma van die Universiteit van Suid-Afrika. Janine voltooi ook ‘n Bemarkingsdiploma van Technicon Pretoria, asook ‘n sertifikaat in stemopleiding van Voiceover SA.

Janine van Niekerk Radiokansel

In 2015 het sy saam met Radiokansel ‘n boek saamgestel wat handel oor getuienisse. In Mei daardie jaar is die boek, Aangename Kennis Here, vrygestel. Dit vertel ware verhale van mense met die doel om lesers hoop te gee.

Sy deel graag haar passie vir gospelmusiek en bring die Goeie Nuus van Christus aan Radiokansel luisteraars. Deur haar radioprogramme wil sy luisteraars ophef en die boodskap van hoop aan Suid Afrikners asook met mense regoor die wêreld, deel.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM