Good News Time

Geskeduleer op

Maandag 07:00 09:00
Woensdag 07:00 09:00
Vrydag 07:00 08:30

Wat jy nodig het om jou dag met goeie nuus te begin

Tagged as: , , ,
Twee ure gevul met inligting en inspirasie!



Met trots geborg deur Die Woord vir Vandag.

 

Begin jou dag saam met Wynand en Janine tydens Good News Time (GNT) op Radiokansel 657AM.

Die program bied alles wat jy nodig het om jou dag met Goeie Nuus te begin! Jy kan ook in skakel vir Get Up & Go Breakfast met Brad Kirsten en Líomee Vosloo op ons susterstasie, Radio Kaapse Kansel.

Good News Time Radiokansel

GNT bied luisteraars twee ure van inligting en inspirasie wat jy nodig het om saam met ons die Here, die Woord en die Bruid van Jesus Christus in Suid-Afrika te erken en te vier.

Die program het ten doel om luisteraars oor die alledaagse lewe, in ooreenstemming met God se hart, te betrek. Jy kan gebruik maak van verskeie kommunikasiekanale om jou sienings en jou ervaring te deel.

Op Good News Time leef ons Sy Woord uit, het ons Sy liggaam lief en volg ons Christus passievol.

Interaksie met Good News Time luisteraars is ‘n hoogtepunt van die program. Dit sluit besprekingspunte, gebedsversoeke, temas, of tipiese scenario’s in die lewe van Suid-Afrikaners in. Ons hoor en deel ook getuienisse.

Daar is elke dag iets spesiaals om na uit te sien op GNT.

Een van die hoogtepunte van Good News Time is onderhoude met ‘n wye verskeidenheid mense uit verskillende agtergronde. Die keuse van onderwerpe wissel van apologieë tot daaglikse inspirerende boodskappe. Ons kry ook gereeld kundiges om oor spesifieke onderwerpe te deel, soos byvoorbeeld ekonomiese sake, die Christen in die moderne era, ouerskap, die huwelik en lewensvaardighede.

Good News Time is ook jou daaglikse reisgenoot van verkeer- en weerverslae tot plaaslike en internasionale nuusgebeure. Ons deel ook sporthoogtepunte en goeie musiek en die belangrikste deel natuurlik is die inspirasie uit God se Woord. Regstreeks op Radiokansel 657AM, DStv-kanaal 882, Open View kanaal 607 of aanlyn.

As jy ‘n program gemis het kan jy dit vind op Good News Time se potgooi afdeling.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


Good News Time span

Janine is 'n bekroonde radio-omroeper, inspirerende spreker en skrywer.

'n Geliefde stem op Radiokansel.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM