Goeie Nuus Tyd

1 February 2021

Alles wat jy nodig het om jou dag met Goeie Nuus te begin. Jy kan ook al Radiokansel 657AM se potgooie vind op iOno.fm.

 

Versterk Jou Huwelik

Inspirasie, wysheid, getuienisse en praktiese raad gebaseer op die Woord van God om paartjies te help deur die talle uitdagings wat huwelike vandag in die gesig staar.

Goeie Nuus Tyd – Inspirerende Boodskappe

Alles wat jy nodig het om jou dag te begin met Goeie Nuus. Radiokansel gebruik bedienaars, predikers en motiveringsprekers om ‘n boodskap van hoop aan ons luisteraars te bring.

Onderhoud Hoogtepunte

Een van die hoogtepunte van Goeie Nuus Tyd is ons onderhoude met ‘n wye verskeidenheid mense uit verskillende agtergronde. Die keuse van onderwerpe wissel van apologieë tot daaglikse inspirerende boodskappe en lewe in Suid-Afrika. Ons kry ook gereeld kundiges om te deel oor temas soos Christelike sakehoofde in die moderne era. Ouerskap, berading en lewensvaardighede.

Goeie Nuus Tyd – Ons Luisteraars

Nog ‘n hoogtepunt op Goeie Nuus Tyd is wanneer ons betrokke raak by Radiokansel luisteraars, en ‘n stem gee aan jou storie. Soms sluit dit ook ‘n reaksie terug vanaf die aanbieders Wynand en Janine in. Dit kan wees rondom besprekingspunte, gebedsversoeke en temas. Ons het ook ‘n weeklikse oproep tot gebed of tipiese scenario’s in die lewe van Suid-Afrikaners. Dit is jou stories, en soms, ook ons terugvoer.

Tema van die Dag

Ons Tema van die Dag is meestal gebaseer op Die Woord vir Vandag, The Word for Today, of ons jeug oordenking, word4u2day. Wanneer ons ‘n sterk reaksie van ons luisteraars het, gee ons terugvoering, gebaseer op die Woord van God.

Godsightings

Godsightings is elke Vrydag op Goeie Nuus Tyd. Dit is wanneer ons die goedheid van God vier met jou getuienisse van Sy liefde in jou lewe die afgelope week.

Oproep tot Gebed

Goeie Nuus Tyd bring die familie van God bymekaar terwyl ons verenig in gebed vir mekaar, vir Suid-Afrika en lande regoor die wêreld.

 

Goeie Nuus Tyd

WAT JY NODIG HET OM JOU DAG MET GOEIE NUUS TE BEGIN

Meer inligting



Current track

Title

Artist

Background