Word to the World

Geskeduleer op

Dinsdag 21:00 21:30
Vrydag 00:00 00:30
Saterdag 06:00 06:15
Sondag 07:00 07:30

Die lewende Brood wat ons onderhou

Tagged as: ,
Word opgebou en ontvang 'n dieper begrip van die Woord.

Word to the World is ‘n onderrigprogram wat deur Tyrell Haag op Radiokansel 657AM aangebied word. Hy is ook die aanbieder van die gewilde Table Talk with Tyrell Haag.

Hy skryf ook interessante blogposte genaamd, “Called. Convicted. Converted.”

In Word to the World bespreek Tyrell spesifieke tekste vanuit die Skrif. Hy gebruik geskiedenis en verskeie getuienisse as basis vir die onderrig van die Skrif.

Ek streef daarna om te sien hoe die evangelie Suid-Afrika deurdring. Ek is oortuig van God se krag om lewens te verander en ware hoop te bring. Dit is inderdaad die krag van God tot redding (Rom 1:16). Dit is my gebed dat die meerderheid mense in Suid-Afrika bekeer sal word, hetsy deur die tydsame verkondiging van die evangelie of deur skielike herlewings.

Tyrell het ‘n reeks geskryf met die titel, “The Gospel in South Africa” wat insig oor ons nasie se godsdienstige agtergrond gee. Laat ons gehoorsaam wees en eers die Woord verkondig aan diegene wat die naaste aan ons is, daarna volg “in die hele Judea en Samaria en tot aan die einde van die aarde.”

Word to the World saam met Tyrell op Radiokansel poog om Christene op te bou en vir hulle ‘n dieper begrip te gee van die Woord van God, die lewende Brood wat ons voed en onderhou.


Lees meer

Word to the World span

Tyrell Haag is 'n bekende en gerespkteerde stem in Christen radio-uitsending.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM