Die Woord vir Vandag Radiokansel
Written by Han@Pulpit on 22 January 2021
Christene staar vandag unieke uitdagings in die gesig. Die Woord vir Vandag op Radiokansel is ‘n hulpmiddel wat mens help om in Christus geanker te bly.
Die Woord vir Vandag is deur Bob Gass, ‘n Ierse predikant, gestig. In April 1994 publiseer United Christian Broadcasters (UCB) dit.
Wanneer jy vroegoggend in die koue op ‘n drafstap is en nie daarby uitkom om Bybel te lees nie; is dit reeds dan wanneer jy ‘n goeie inspuiting nodig het. Dit is wat ek vir ons lesers wil voorsien, iets wat hulle op God se goedheid sal toespits.
Bob Gass
Radiokansel bied verskeie platforms aan waar luisteraars toegang tot Die Woord vir Vandag verkry. Ons beoog dat al ons sosiale media volgers, luisteraars op radio, tablette en selfone en diegene wat ons webtuiste besoek, die inspirasie sal vind wat hulle nodig het.
Geniet Die Woord vir Vandag op Radiokansel
Radiokansel bied Die Woord vir Vandag gratis aan!
- Lees dit op ons slimfoon toepassing vir Android of iPhone.
- Besoek Die Woord vir Vandag blad op Radiokansel se webtuiste.
- Vind die dagstukkies op die amptelike Woord vir Vandag webtuiste vir Suid-Afrika.
- Luister na Die Woord vir Vandag op Radiokansel.
- Teken in vir die gedrukte formaat.
Die tydlose Woord van God
Die Gutenberg-bybel van die 15de eeu word algemeen erken as die eerste gedrukte Bybel. Vandag, in die moderne 21ste-eeu, vind Christene steeds leiding, daaglikse inspirasie en kennis oor ons Verlosser, in die Woord van God.
Op 22 Maart 2007, skryf David Biema die volgende in Time Magazine:
Eenvoudig gestel is die Bybel die invloedrykste boek van alle tye⊠Die Bybel het meer, as enige boek wat ooit geskryf is, bygedra om literatuur, geskiedenis, vermaak en kultuur te vorm. Die invloed daarvan op die wĂȘreldgeskiedenis is ongeĂ«wenaard en staan vir niks terug nie. Selfs popkultuur word diep deur die Bybel beĂŻnvloed.
In Die Woord vir Vandag fokus ons op ‘n tema. Ons gebruik dan Skrifgedeeltes, Christelike perspektief en dieper insig om op die tema uit te brei. Ons hoop om lesers aan te moedig om in hulle geestelike wandel met Christus te groei deur praktiese en relevante waarhede aan te bied.
Sielskos vir almal
Die Woord vir Vandag dagstukkies is ook beskikbaar in drie verskillende formate, elk aangepas vir ‘n spesifieke gehoor:
- The Word for Today – die oorsponklike weergawe, in Engels, geskryf deur Bob Gass
- Die Woord vir Vandag – vertaal in Afrikaans
Jy kan gratis vir enige van die bogenoemde inteken.
Die temas wat bespreek word het ten doel om Christelike perspektief te bied en wysheid te gee. Ons dek ‘n wye verskeidenheid onderwerpe, waaronder finansiĂ«le kwessies, emosionele welstand, aanmoediging op jou lewensreis en nog baie meer. Voorbeelde van tipiese onderwerpe is:
- Klim hierdie jaar uit jou gemaksone uit
- Sleutels tot Bybelstudie
- Hou aan verander!
- Hou op om dinge te doen wat nie werk nie
- Vergewe en beweeg aan
Ons verstaan ââdie eise van die moderne lewe en daarom hou ons die dagstukkies kort, maar met genoeg diepte om jou dag saam met God te begin of dit met Christelike perspektief af te sluit.
Bespreek Die Woord vir Vandag saam met Radiokansel
Tydens ons oggend spitstyd-program, Goeie Nuus Tyd, betrek omroepers Radiokansel 657AM-luisteraars by die daaglikse tema van Die Woord vir Vandag deur dit ook op radio te bespreek.
Jy kan via ons Facebook blad kommentaar lewer of vrae oor die tema vra. Die aanbieders, Wynand en Janine, sal op die lug terugvoer gee.
Indien jy die bespreking gemis het, kan jy die potgooi oor die tema aflaai. Dit sluit die vrae van luisteraars en terugvoer van ons Goeie Nuus Tyd span in.