Elevated with Jenna-Leigh Bilong

Geskeduleer op

Sondag 19:00 20:00

Word opgehef!

Tagged as: ,
Word geestelik opgehef!

Elevated with Jenna-Leigh Bilong is ‘n unieke Radiokansel program wat luisteraars ophef, bemagtig en oorwinnings in Christus vier.

Dit sal jou gees ophef en jou deur die Woord van God bemagtig. Die hoogtepunt van die program is die kragtige getuienisse wat deur gaste gedeel word.

Elevated with Jenna-Leigh Bilong

Elke week sluit iemand by ons gasvrou, die talentvolle Jenna-Leigh Bilong, aan om hul getuienisse te deel. So help hulle ander om die stryd te oorkom. In die hart van die Elevated with Jenna-Leigh is Openbaring 12:11:

En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.

Op die program het ons al mense gehad wat getuig het van hoe God hulle van kanker genees het. Baie deel ook hoe hulle heelheid in Christus na geweldige hartseer en pyn gevind het. Ons het selfs mense gehad wat getuig het van ‘n bonatuurlike ontmoeting met God. Akteurs, musikante, pastore, moeders, dwelmverslaafdes, gevangenes, oud-bendelede en nog vele meer getuig van hoe God hulle opgehef het. Die getuienisse en plekke van die gaste kan verskil, maar die bron van hul deurbraak is dieselfde. God.

Tydens “elevation message of the day”, deel Jenna-Leigh ‘n spesiale boodskap vir die dag wat op die Woord van God gebaseer is. Die doel van die boodskap is altyd om jou op te hef en jou moed te gee vir die volgende stap in jou verhouding met God. Kombineer dit alles met inspirerende musiek wat ontwerp is om jou aan te moedig, en jy het die resep vir Elevated with Jenna-Leigh Bilong.

Die visie van die program is dat elke luisteraar verhoog sal word om na die volgende vlak in hulle wandel met Christus te gaan. Om hulle geloof te versterk en om hoop te ontvang. Elevated with Jenna-Leigh Bilong is ‘n koppel-uitsending op beide Radiokansel en Radio Kaapse Kansel.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


Elevated with Jenna-Leigh Bilong span

'n Bekende televisienuusanker, omroeper, pastoor & skrywer.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM