Jenna-Leigh Bilong


Jenna-Leigh Bilong shows

Jenna-Leigh Bilong is ‘n bekende televisienuusanker en Radiokansel aanbieder. Met meer as tien jaar se uitsaaiervaring, op beide nasionale en plaaslike platforms, is sy wel bekend. Sy is ook ‘n skrywer, entrepreneur en pastoor.

Ondervinding in media

Kykers en luisteraars het haar leer ken toe sy by ‘n gemeenskapsradiostasie en ‘n plaaslike koerant in haar tuisdorp, Worcester in die Wes-Kaap, begin werk het. In haar vroeë twintigs het sy na Johannesburg verhuis waar sy by ‘n gewilde Afrikaanse nasionale radiostasie gewerk het. Sy het gou luisteraars se harte verower. Van daar af het sy na televisie beweeg as nuusleser. Baie kykers kon met haar slagspreuk aan die einde van elke bulletin, “goedheid en guns, goeienaand”, vereenselwig.

God het my die geleentheid gegee om saam met van die bestes in die industrie te werk. Ek het so baie by hulle geleer. Ek sal Hom ewig dankbaar wees omdat hy my toegelaat het om te sien hoe dinge met uitnemendheid gedoen word.

Sy is van voorneme om hierdie ervaring tot eer van God en die uitbreiding van Christelike media te gebruik en om meer siele vir Christus te wen.

Jenna-Leigh deel met vrymoedigheid haar getuienis oor hoe sy huishoudelike geweld en ontrouheid op ‘n jong ouderdom in haar eerste huwelik oorkom het. Of dit nou op radio, televisie of op die verhoog van ‘n konferensie of kerkdiens is, deel sy haar werkilikheid. God het haar deur ‘n lewe in ‘n plakkerskamp en armoede gedra en haar tot by ‘n plek van heelheid en hoop gebring.

Saam met haar man, Biskop Ed Bilong, bedien hulle by ‘n gemeente, Grace Court Impact Centre, in Newlands, Johannesburg. Hulle het ‘n passie vir gemeenskapsontwikkeling en staan aan die hoof van verskillende projekte wat gemeenskappe bemagtiging.

Sy het reeds verskeie boeke neergepen waaronder ‘Goedheid en Guns, Agter my Swirlkous‘ en Church Girl Problems. Sy is ook die trotse stigter van die Church Girl handelsmerk.

Skakel in saam met Jenna-Leigh Bilong vir haar program Elevated op Radiokansel en Radio Kaapse Kansel.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM