Dagbreek met Johann Els

Geskeduleer op

Dinsdag 06:00 07:00
Woensdag 06:00 07:00
Donderdag 06:00 07:00

Begin jou oggend met 'n vars woord van God

Tagged as ,
Jou metgesel in die soeke na betekenis.



Met trosts gebord deur Die Woord vir Vandag.

Tydens Dagbreek op Radiokansel 657AM saam met die aanbieder, Johann Els, raak ons mense se lewens deur God se Woord aan. Jy kan ook inskakel op ons susterstasie, Radio Kaapse Kansel op 729AM.

Dagbreek verteenwoordig ‘n nuwe, vars begin, nuwe genade en inspirasie uit God se Woord. Dit gaan oor ‘n familie wat in die teenwoordigheid van die Skepper, met ‘n verwagtende hart, saamkom. Saam vra ons vir God se leiding vir die nuwe dag wat voorlê. Die onderwerpe wat ons dek, is so wyd as wat God se barmhartigheid ons alledaagse lewens aanraak, dit wissel van familie, werk, gesondheid, finansies en bo alles, ons ewige bestemming.

Ons is daardie reisgenoot in die soeke na betekenis.

‘n Hoogtepunte van Dagbreek is wanneer luisteraars hulle ervarings deur getuienisse en onderhoude deel. Ons geniet dit ook om met ons luisteraars via sosiale media platforms betrokke te raak.

Dit is ‘n eer om die Evangelie in al sy skoonheid en fasette aan alle Suid-Afrikaners te deel.

Daar is ‘n geweldige behoefte in die wêreld om die waarheid te hoor, en dit is wat Dagbreek beoog om elke oggend te verkondig. Daar is so baie harte wat soekend is en wat ons wil aanraak!

Dagbreek word selfs meer spesiaal wanneer ons buite uitsendings doen en luisteraars van aangesig tot aangesig ontmoet. Die aanraking van harte, die drukkie, die koffie, die deel van die Een Groot Liefde; onse Here Jesus Christus wat al ons lewens verander het.

Begin jou oggend met ‘n vars woord van God deur in te skakel vir Dagbreek met Johann Els op Radiokansel. As jy ‘n program gemis het, of net weer wil luister of deel met iemand kan jy dit by ons Dagreek/Daybreak potgooi afdeling vind.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


Dagbreek met Johann Els span

Ds Johann verkondig reeds vanaf 1985 die evangelie van Jesus Christus. 


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM