Tsa Matsha

Geskeduleer op

Maandag 03:00 04:00
Dinsdag 03:00 04:00
Woensdag 03:00 04:00
Donderdag 03:00 04:00
Vrydag 03:00 04:00
Saterdag 03:00 04:00

Ontvang jou inspirasie vroeg in die oggend

Tagged as: , ,
Versterking vir die dag wat voorlê.

Adverteer op Radiokansel 657AM

Tsa Matsha op Radiokansel 657AM begin jou dag met gospel musiek en bemoediging.

Jou aanbieder is die talentvolle Thomson Mashakeni en die perfekte stem wat jy nodig het om jou voor te berei vir werk, familie of wat jy ook al vir die dag in die gesig staar. Op Saterdae neem die veteraan aanbieder Sam Buthelezi oor.

Tsa Matsha bied luisteraars Bybelse berading, troos en gemeenskap van gelowiges. Die Woord van God gee leiding om jou te versterk.

Thomson glo in die krag van gebed. Hy sal jou help om jou dag daarmee te begin. Gebed sal jou help om ‘n goeie fondament vir die res van jou dag te stel, die impak daarvan sal deur die res van jou skedule vloei. Ons glo wanneer jy tyd saam met God aan die begin van die dag spandeer, sal die res meer effektief wees. Ons sien ook Jesus dit doen in Markus 1 vers 35:

Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na ‘n eensame plek en daar gebid.

Die musiek vir die program word noukeurig gekies om ‘n atmosfeer van vrede, krag en geloof te skep. Jy kan in skakel vir Tsa Matsha op Radiokansel 657AM sowel as op ons susterstasie, Radio Kaapse Kansel 729AM.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


Tsa Matsha span

'n Gerespekteerde en geliefde Radiokansel aanbieder.

Thomson Mashakeni is reeds sedert 1998 betrokke by Radiokansel.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM