Vier Die Lewe

Geskeduleer op

Dinsdag 01:00 02:00
Sondag 21:00 21:30

Vier saam die goed en guns van God

Tagged as ,
Vier die goedheid van God!

Wil jy graag die program borg? Kontak asseblief gospel@radiokansel.co.za.

Vier Die Lewe is ‘n leefstylprogram op Radiokansel 657AM oor die Goeie Nuus van God se verlossing. Dit is ‘n inspuiting van hoop en vreugde vir die wat moeg en vol wanhoop is.

Tydens die program wy ons tyd daaraan om die Woord van God te lees en te verstaan. Luisteraars stem in om wonderlike en werklike stories en getuienisse van gewone mense te hoor. So prys ons ‘n buitengewone God. Die Een wat wonderwerke doen en wat nie ‘n aannemer van persone is nie.

Hierdie stories en getuienisse inspireer hoop in die harte van medebroers en -susters in Christus. Vier Die Lewe help luisteraars om hulle fokus van negatiewe dinge weg te draai en eerder na God se goedheid te kyk.

Ons nooi jou uit om by ons aanbieder, Liese Prinsloo, aan te sluit vir Vier die Lewe, dit is ‘n koppel-uitsending op beide Radiokansel 657AM en ons susterstasie, Radio Kaapse Kansel 729AM. Indien jy ‘n program misgeloop het kan jy dit vind in ons potgooi afdeling.


Lees meer

Potgooi van vorige episodes


Vier Die Lewe aanbieder(s)


Current track

Title

Artist

Background