Jannie Pelser


Jannie Pelser shows

Perspektief

Wat jy moet weet van wêreld gebeure

Perspektief Jannie Radiokansel 657AM

Naweek Aktueel met Jannie Pelser

Hulp in die vervulling van jou roeping

Naweek Aktueel Jannie Radiokansel

Jannie Pelser is ‘n bekende gospelsanger, predikant, media-persoonlikheid en Radiokansel omroeper. Hy is sedert 2019 in vryskutbediening, nadat hy langer as 32 jaar by die Rant-en-Dal-Prisma-kerk in Krugersdorp betrokke was.

Agtergrond

Hy is in Uitenhage in die Oos-Kaap gebore, maar het in Gauteng en die Vrystaat grootgeword. Aanvanklik het hy ‘n Baccalaureus Handel in finansiële rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria studeer. Hy begin sy loopbaan as onderwyser by Clapham High in Queenswood in Pretoria. Gedurende hierdie tyd, en nadat hy in sy geloof gegroei het, het die Gees van die Here hom oortuig om as predikant in die Evangelie van Jesus Christus te studeer.

Ek het van kleins af ‘n droom gehad om die Woord van God te verkondig.

Hy het sy deeltydse studies begin met die oog op sy teologiese graad. Jannie is met Suzette getroud en hulle is met vier kinders geseën. Hulle is ook trotse grootouers en Jannie sê niks kom naby daaraan om ‘n oupa te wees nie.

Jannie het verskeie inisiatiewe geloods, soos byvoorbeeld die Jesus-projek. Die projek het die misbruik van die naam van God deur die media aangespreek. Hy het na Hollywood gereis om rolspelers oor die kwessie aan toe te spreek. Hulle het ook na sy besoek duisende briewe en pamflette aan rolspelers versprei.

In 2018 publiseer hy sy eerste boek, Here, leer ons om te bid, en in 2017 het hy sy 8ste CD, Vat my Hand, vrygestel. Hy stig ook die Toekomsvenster in 2014. Dié organisasie is daarop gemik om gelowiges toe te rus om die eise wat ‘n vinnig-veranderende wêreld aan hulle stel, te hanteer. Hulle produseer dagboeke vir daaglikse stiltetyd, DVD’s vir die gebruik van klein- of selgroepe asook vooraf verpakte programmering vir Afrikaanse radio- en televisie-uitsendings.

Jannie Pelser is die aanbieder van Naweek Aktueel en Perspektief op Radiokansel.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM