Die Woord vir Vandag
2022-09-30
Die seën van bekering (2)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
'n Christelike skrywer sê: 'Soms is mense bang dat as hulle nie vinnig genoeg verander nie, sal God ongeduldig met hulle raak. Hulle gebruik oor die algemeen nie hierdie presiese woorde nie, maar hulle wonder: 'Hoeveel sonde kan daar in my lewe wees voor ek my moet begin bekommer? Is daar 'n vlak van sonde wat aanvaarbaar vir 'n Christen is en as jy dit verbysteek, is jy in gevaar? Is daar 'n beperking of vaste standaard vir onreinheid? Is dit moontlik om 'n Christen te wees en net nooit te groei nie?' Die kwessie is nie of God gaan moeg word om ons sondes te vergewe nie. Vergifnis is altyd die regte reaksie op opregte berou. God is nie bekommerd dat Hy dalk misbruik sal word nie.'
Die gevaar lê nie daarin dat God nie op ons eerlike bekering sal reageer nie. Die gevaar lê daarin dat ons so vasgevang in die gevaarlike gedagtes wat sonde onvermydelik voortbring kan raak, dat ons gevoelloos en selfvoldaan word en eenvoudig nie meer in staat is om ons te bekeer nie! Dis as gevolg hiervan dat ons sonde so ernstig moet opneem.
Die sendeling Frank Laubach het die evangelie aan 'n stam wat 'n lang geskiedenis van bloedvergieting gehad het, verkonding. Die hoofman van die stam was so ontroer, dat hy berou gehad het en Christus op die plek aangeneem het. Toe het hy in waardering na Laubach gedraai en gesê: 'Dit is wonderlik! Ek wil jou graag bedank vir wat jy vir my gedoen het. Wie wil jy hê moet ek vir jou doodmaak?' Dit was sy beginpunt. Net God weet wat elkeen se beginpunt is. Wat is joune?
Sielskos: 1 Sam 1-3; Mark 15:33-47; Ps 68:1-18; Spr 22:1-5
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za




