Die Woord vir Vandag

2026-08-31

Hou aan

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Galasiërs 6:9 NLV

Van die wêreld se suksesvolste mense is deur sogenaamde kenners meegedeel dat hulle nie sukses in die beroepe wat hulle gekies het, sal behaal nie. In 1927 het 'n instrukteur by die John Murray Anderson Dramaskool vir Lucille Ball gesê: 'Probeer eerder enige ander beroep. Enige ander een.' Universal Pictures het beide Clint Eastwood en Burt Reynolds van die hand gewys en gesê dat Reynolds geen talent het nie en dat Eastwood te stadig praat. Malcolm Forbes, die voormalige hoofredakteur van die Forbes-tydskrif, kon nie daarin slaag om deel van sy skoolkoerant se redaksie te word toe hy 'n voorgraadse student aan Princeton Universiteit was nie.

Bestuurders van die Decca Recording Company het negatief op die oudisie van vier jong musikante gereageer en gesê: 'Ons hou nie van hul klank nie. Groepe met kitare is uit die mode uit.' Gevolglik het die Beatles hul klank elders geneem. Vir sewe jaar lank het 'n jong uitvinder genaamd Chester Carlson sy idee na twintig verskillende maatskappye geneem, wat hom almal die deur gewys het. Die Haloid Company het uiteindelik die regte op sy elektroniese papierkopieerproses gekoop. Haloid het later Xerox geword.

Moenie moedeloos word as jy nie die aanvaarding en sukses wat jy op die oomblik begeer, vind nie. Jou storie word steeds geskryf! Die Bybel sê: 'Dan sal julle nie geestelik afgestomp raak nie. Inteendeel, julle sal die voorbeeld volg van hulle wat deur hulle geloof en uithouvermoë besig is om te verkry wat God beloof het' (Hebreërs 6:12 NLV). Geloof en geduld is die twee eienskappe wat sukses sal meebring. Daarom het die apostel Paulus geskryf: 'Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.'

Sielskos: Josua 14-15; Mark 10:1-12; Ps 103:1-12; Spr 22:27-29

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background