Die Woord vir Vandag
2022-09-20
Spring oorboord vir die Here!
Geskryf deur Bob and Debby Gass
'Toe die nuwe dag breek, het Jesus daar op die strand gestaan, maar sy dissipels was nie daarvan bewus dat dit Hý is nie. Hy vra toe vir hulle: 'Kinders, het julle nie iets om te eet nie?' Hulle antwoord vir Jesus was net: 'Nee.' Hy sê toe vir hulle: 'Gooi die net aan die regterkant van die boot uit en julle sal vis kry.' Hulle het die net uitgegooi, maar kon dit nie weer intrek nie as gevolg van die groot hoeveelheid vis. Die lieflingdissipel sê toe vir Petrus: 'Dit is die Here!' Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is... [het] hy in die water gespring...' (verse 4-7 NLV).
Petrus moes besluit of hy sy vis gaan los en na Jesus toe gaan, of agterbly en dit waarvoor hy hard gewerk het, gaan geniet. Dis 'n toets waarvoor ons almal te staan kom wanneer ons ons lewensdoelwitte bereik het, wanneer ons visnette vol is en ons dit uiteindelik 'gemaak het.'
Paulus verwys kortliks na die suksesse in sy loopbaan: '...ek is 'n Benjaminiet... Ek was ook 'n... Fariseër... wat die Joodse wet stiptelik nakom...' (Filippense 3:4-5 DB). Luister egter wat hy later te sê het: '...Dit het glad geen waarde meer vir my nie... Al daardie dinge wat eers vir my so belangrik was, is nou vir my minder as niks werd, want Jesus het vir my alles geword...' (verse 7-8 DB). Paulus het besef dat sy ware identiteit nie in sy prestasie lê nie, maar in sy verhouding met Jesus.
Voel jy ook so? Petrus het dalk daardie aand gevoel asof hy alles verbeur, maar toe hy die strand bereik het, het hy Jesus gevind - besig om vis gaar te maak! Wat jy ook al nodig het, God het dit. Wat jy ook al prysgee, sal Hy met baie rente terugbetaal.
Sielskos: Eseg 43-45; Mark 14:12-26; Ps 19; Spr 21:3
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za




