Die Woord vir Vandag
2026-10-21
Vertrou God vir 'Goeie Dinge'
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Ons streef elke dag daarna om te '...leef deur te glo en nie deur te sien nie' (2 Korintiërs 5:7 NLV). Dit is egter nie maklik nie. Dit verg gedagtes wat deur die Skrif deurdrenk is om 'n geloofskeuse te maak wanneer jy 'n situasie in die gesig staar wat onmoontlik lyk. Hoe ontwikkel jy daardie soort geloof? Vir 'n verhouding om te floreer, moet beide partye tyd en energie belê om mekaar te leer ken. Blywende verbintenisse word op vertroue en 'n intieme kennis van die ander persoon se gewoontes en karakter, gebaseer.
Dit is ook dieselfde met God. Met verloop van tyd, soos jy sy getrouheid ervaar, word dit makliker om jou vrees te laat vaar en dit met vertroue te vervang. Een outeur skryf: 'Om God te leer ken, beteken om saam met Hom te wandel, tyd met sy Woord deur te bring en om sy vlekkelose karakter en die tallose voorbeelde van sy onfeilbare liefde, te leer ken. Dit beteken om te bid, te praat en al die besonderhede van jou lewe en die innerlike werking van jou hart te deel. Hy weet dit alles reeds, maar Hy geniet die intimiteit van die gesprek.
Soos enige gebalanseerde verhouding, kan ons egter nie altyd die een wees wat praat nie. Ons moet tyd maak om te luister, om voor die Here te kniel en stil te word en die geraas van ons gedagtes en die gejaag van ons emosies stil te maak.'
Onthou, die enigste plek waar vrees kan werk is in die leë ruimte waar jou geloof moet wees. Vrees word op die dinge wat jy sien en hoor gebaseer. Geloof word op die wete dat God se Woord betroubaar is en dat Hy 'goeie dinge' belowe aan diegene wat Hom daarvoor glo, gebaseer!
Sielskos: Jes 1-3; Joh 6:1-15; Ps 5; Spr 27:13-16
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







