Radiokansel: Die evangelie in jou eie taal

By Radiokansel het ons ‘n passie daarvoor om die Goeie Nuus op ‘n manier te deel wat tot jou hart spreek – en dít in jou eie taal. As die enigste Christelike radiostasie in Suid-Afrika wat in nege uit die elf amptelike tale uitsaai, is ons vasberade om te verseker dat die evangelie soveel mense moontlik bereik.

Met die oog op die toekoms word ons deur navorsing geïnspireer wat toon dat aanlyn luister die afgelope paar jaar eksponensieel gegroei het en steeds aan die toeneem is. Ons maak gereed vir wat die toekoms inhou, en daarom stel ons op 4 Junie twee splinternuwe aanlynstasies, Radiokansel Hartklank en Radio Pulpit Jikelele, bekend! Hierdie aanlyn radiostasies stel ons in staat om nóg meer mense te bereik en die evangelie op vars en betekenisvolle maniere te deel.

Ons nooi jou saam op hierdie opwindende reis waar ons hoop en geloof aan harte regoor Suid-Afrika asook die res van Afrika en die wêreld te bring.

Maar om hierdie visie ‘n werklikheid te maak, het ons jou hulp nodig. Jou ondersteuning sal ons help om:

  • Die jongste oudio-visuele uitsaaitoerusting vir ons nuwe aanlynstasies aan te skaf. Dit sal ons in staat stel om hoë-gehalte, boeiende inhoud te lewer wat die harte van luisteraars sal aanraak en die evangelie op ‘n opwindende en impakvolle manier toeganklik vir almal te maak.
  • Buite-uitsaaivoertuie te verskaf om jou dorp en gemeenskap te besoek. Met hierdie voertuie sal ons Radiokansel na jou omgewing toe bring – of dit nou by plaaslike geleenthede, gemeenskapsbyeenkomste of plekke van aanbidding is. Met ‘n teiken van ten minste R500 000, sal jou bydrae ons help om te verseker dat geen dorp of gemeenskap in Suid-Afrika buite ons bereik is nie.
  • Ons stasies wêreldwyd effektief te bemark. Deur die woord te versprei, kan ons Radiokansel ‘n huishoudelike naam maak – nie net in Suid-Afrika nie, maar regoor die wêreld. Sáám kan ons die evangelie aan meer huise as ooit tevore bring en harte wêreldwyd met die Woord verbind.

Met jou ondersteuning kan ons hierdie droom ‘n werklikheid maak en meer lewens as ooit tevore verander. Sluit by ons aan in hierdie missie om harte aan te raak, geloof te inspireer en die Goeie Nuus wyd en suid te deel.

Kliek asseblief hier om ons te ondersteun.



Current track

Title

Artist

Background