iThemba with Anele Joja op Radiokansel 657AM is ‘n program wat daaraan toegewy is om luisteraars met hoop te bekragtig. Vandaar die leuse van die program:
There is always hope; in darkness, in life and in Christ.
Benewens musiek, sluit die program ook relevante en vermaaklike gesprekke oor ‘pastoor’s kinders’ of PK’s in. Dit delf in die PK onvervinding en die verwagtinge van gemeentes. Sommige PK’s, hul families, vriende en kerklede sluit by die program aan vir fassinerende gesprekke. ‘n Paneelbespreking maak voorsiening om verskillende standpunte te deel.
Sluit aan by Anele en sy gaste op iThemba vir jou weeklikse dosis hoop op Radiokansel 657AM asook op Radio Kaapse Kansel.