Die Woord vir Vandag

2024-04-27

Lewe volgens die lewende Woord

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Psalm 119:100 NLV

Eugene Peterson, die skrywer van Die Boodskap, sê: 'Die woorde wat op die bladsye van my Bybel gedruk is, getuig van die lewende en aktiewe openbaring van die God van skepping en redding, die God van liefde wat die Woord geword het, wat vlees geword het in Jesus. Ek beter dit nie vergeet nie. As ek in die lees van my Bybel voeling hiermee verloor, as ek versuim om na hierdie lewende Jesus te luister, my aan sy soewereiniteit te onderwerp en op sy liefde te reageer, word ek arrogant in my wete en onpersoonlik in my gedrag. 'n Enorme hoeveelheid skade word in die naam van Christenskap aangerig deur mense wat nie hulle Bybel op die regte manier lees nie.'

Dis nie genoeg om daagliks die Bybel te lees nie, jy moet ook aanhoudend die beginsels daarvan uitoefen. Die Psalmdigter skryf: 'Hoe lief het ek u gebooie! Ek oordink dit die hele dag. U gebooie gee my meer insig as wat my vyande het, want dit is gedurig by my. Ek het meer insig as my leermeesters, want ek oordink u waarskuwings. Ek het meer begrip as ouer mense, want ek lewe volgens u bevele. Verkeerde paaie het ek vermy, sodat ek u woord kan gehoorsaam. Ek het nie afgewyk van u bepalings nie, want U het my dit geleer. Hoe aangenaam is u woorde vir my; soeter as heuning in my mond. Deur u bevele kry ek insig; daarom haat ek elke valse pad. U woord is 'n lamp vir my voete en 'n lig op my pad' (Psalm 119:97-105 NLV).

Die Bybel word 'n lewende Woord, wanneer jy besluit om elke dag volgens sy beginsels en voorskrifte te lewe.

Sielskos: Hand 20-21; Mark 5:1-10; Ps 144:1-8; Spr 11:10-11

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord



Current track

Title

Artist

Background