Die Woord vir Vandag

2019-09-17

Oorkom stres (6)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Markus 1:35 NLV

Maak gebed jou daaglikse gewoonte. Gebed is 'n wonderlike stres-verligter. Jesus het sy dag met gebed begin. Hy het dikwels deur die dag gestop om te bid en Hy het elke dag met gebed geëindig. As Jesus, so besig soos Hy was, tyd kon maak om te bid, dink net hoeveel te meer jy dit moet doen! Tyd alleen met God kan die druk van die lewe se stres verminder. Ons praat met God in gebed, vertel Hom wat op ons gemoed druk en laat Hom toe om met ons te praat terwyl ons die Bybel lees. Dan kyk ons na ons skedule, evalueer ons prioriteite en wag vir instruksies. As ons so sou lewe sal die farmaseutiese industrie ondergaan, omdat ons nie 'n fraksie van die kalmeermiddels op die mark sou nodig kry nie! Baie van ons probleme ontstaan uit ons onvermoë om stil te sit. Ons weet eenvoudig nie hoe om stil te wees nie. God sê: 'Wees stil en weet Ek is God!..' (Psalm 46:11 NLV). Een rede hoekom ons God nie beter ken nie is omdat ons nie stil kan wees nie. Ons is te besig om eenvoudig stil te wees en net te dink. Iemand het gesê: 'Dis 'n ironiese gewoonte van die mens dat wanneer hy sy pad verloor, hy sy spoed verdubbel.' Daar is 'n verhaal oor 'n vlieënier in die Tweede Wêreldoorlog wat oor die Stille Oseaan gevlieg het. Toe hy die toring radio en die kontroleur hom vir sy ligging vra, het hy geantwoord: 'Ek weet nie - maar ek gaan 'n rekordtyd opstel!' Baie van ons is so - ons spoed deur die lewe sonder om te weet waarheen ons op pad is. Ons moet ons oggend, soos Jesus, met gebed begin en gedurende die dag weer bid en ons geestelike batterye herlaai.

Sielskos: Hoogl 5-8; Matt 26:1-16; Ps 39; Spr 21:9-13

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background