Die Woord vir Vandag

2022-09-22

Jy behoort aan God

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Efesiërs 2:19 NLV

'Hy het 'n einde gemaak aan die wet met sy voorskrifte. Hy het vrede gebring deur in Homself die twee groepe tot een nuwe mensheid te maak. Ja, deur sy dood aan die kruis het Hy die vyandskap beëindig. Só het Hy albei groepe in een liggaam met God versoen. Hy het vrede kom verkondig vir hulle wat ver is, én vir hulle wat naby is. Dit is aan Hom te danke dat albei van ons deur een Gees toegang tot die Vader het. Julle is dus nie meer uitlanders en bywoners nie, maar medeburgers van hulle wat aan God behoort. Ja, julle is lede van God se huis wat gebou is op die fondament wat die apostels en die profete gelê het. Christus Jesus is self die hoekklip op wie die hele gebou, terwyl dit kunstig inmekaargepas word, verrys tot 'n tempel wat aan die Here toegewys is' (verse 15-21 NLV).

As jou kinders buite jou huis gestaan het en gepleit het om in te kom, wat sou jy dink? Sou jy nie: 'Kom binne, jy is my vlees en bloed. Ek is lief vir jou, jy hoef nie te pleit nie,' sê nie? God is besig om 'n huis te bou en jy is deel daarvan. Jy kan Hom enige tyd met enige behoefte nader, met die wete dat jy met liefde ontvang sal word. God is die vader op wie jy nog altyd gehoop het en jy is die kind wat Hy nog altyd wou gehad het. As jy enigsins daaraan twyfel, kyk na die kruis; dis hoe groot God se liefde vir jou is. Jy behoort vandag aan God!

Sielskos: 2 Kor 1-4; Mark 14:43-52; Ps 39; Spr 21:9-13

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background