Die Woord vir Vandag

2022-09-23

Voed jou gedagtes met goeie dinge

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 4:11 NLV

Soms voer ons ons troeteldiere slegte dinge - goed wat hulle nie veronderstel is om te eet nie. Wanneer slegte dinge egter in 'n troeteldier ingaan, kom slegte dinge ook uit die troeteldier uit. Ons weet dit met betrekking tot ons troeteldiere, maar vergeet dit wanneer dit by ons gedagtes kom. Elke dag word ons met boodskappe van die media, werkgewers, kollegas, ons geliefdes, boeke, musiek - en van ons eie gedagtes - gebombardeer.

Satan werk op twee maniere. Eerstens, probeer hy jou met dinge soos versoeking, depressie en bekommernis voer. Tweedens, probeer hy jou daarvan weerhou om op te let wat jy besig is om jou gedagtes mee te vul.

Gesonde gedagtes voed 'n gesonde gees. Jesus het gesê dat Hy gekom het om lewe in oorvloed vir ons te gee (sien Johannes 10:10). In plaas daarvan om voortdurend na eiewaarde, gemoedsrus, vreugde en geluk te moet streef, kan jou gedagtes hierdie dinge in oorvloed hê. Jy moet egter eers aandag gee aan dit waarop jou gedagtes gefokus is. Jeremia het gesê: '...Ek het elke woord ingeneem. U woorde het my bly gemaak...' (Jeremia 15:16 NLV). Een van die grootste geskenke wat God vir ons gegee het is die Skrif - maar ons verander dit dikwels na 'n las. 'Moet ek elke dag die Bybel lees?' Dis die verkeerde vraag om te vra. Jy behoort te vra: 'Wat kan ek vandag my gedagtes mee voed sodat dit kan floreer?'

Die Psalmdigter het gesê dat wanneer jy vreugde in God se Woord vind, sal jy voorspoedig wees in alles wat jy doen (sien Psalm 1:1-3). Om te hê wat suksesvolle mense het, moet jy eers doen wat suksesvolle mense doen. Volgens die Psalmdigter, vind suksesvolle mense dag en nag vreugde in die Woord van God.

Sielskos: 2 Kor 5-8; Mark 14:53-65; Ps 34; Spr 21:14-16

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background