Die Woord vir Vandag

2022-09-24

Soek God se goedkeuring, nie mense s'n nie

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 29:25 NLV

As jou lewensdoel is om mense se goedkeuring te ontvang, sal jy nooit regtig veilig voel nie. Hoekom nie? Omdat daar 'n tyd sal kom wat jy iets sal doen wat hulle nie goedkeur nie; en wat dan? Die Bybel sê: 'Jy stel vir jouself 'n slagyster as jy vir mense bang is. Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou' (vers 25 NLV). Wanneer 'n kritikus se mening jou eie mening word, leef jy in 'n tronk van jou eie maaksel. Die waarheid is dat sommige van die mense wat jy so hard probeer beïndruk, nooit beïndruk sal wees nie. Jy moet die volgende aanvaar: Uit God se perspektief, maak dit nie saak nie. Hierdie wete stel jou in staat om saam met mense te werk, sonder om jouself toe te laat om deur hulle buie of opinies beheer te word.

Elke keer wat Paulus na 'n nuwe dorp toe gegaan het, het mense hom vir die eerste keer gehoor en ontmoet. Sommige mense het van hom gehou, ander nie. Hy skryf: "Hulle sê mos: 'Paulus se briewe is gewigtig en kragtig, maar as hy persoonlik teenwoordig is, is hy maar onindrukwekkend en het sy boodskap maar min om die lyf'" (2 Korintiërs 10:10 NLV). Hoe het Paulus dit hanteer? Hy skryf: '...Wil ek in mense se goeie boekies kom? Of wil ek God tevrede stel?.. As ek nog steeds mense gelukkig wil maak, is ek nie 'n dienskneg van Christus nie' (Galasiërs 1:10 NLV).

Om veilig in die lewe te voel en vervuld te voel deur dit wat jy doen, moet jy eers 'n plek bereik waar jy in die spieël kan kyk en sê: 'God is lief vir my en keur my goed, en dis al wat saakmaak!'

Sielskos: 2 Kor 9:1-11:15; Mark 14:66-72; Ps 52; Spr 21:17

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background