Die Woord vir Vandag
2019-12-13
Hoe om jou doelwitte te stel (2)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Vra God om vir jou te sê wie jy is. Boekwinkels het honderde boeke op die rakke wat vir ons vertel dat ons enigiets kan wees wat ons wil wees. Alhoewel daar waarheid in steek, is dit nie die volle waarheid nie! 'n Vis mag dalk glo dat hy kan blaf, maar dit gaan nie gebeur nie. Visse mag dus dalk bid, glo, eis, bely en probeer soveel as wat hulle wil, maar hulle gaan nie sukses behaal nie. Hoekom nie? Omdat God jou net sal bemagtig om dit te doen waarvoor Hy jou geroep het en waarvoor Hy jou toegerus het om te wees. Hy het vir Jeremia gesê: "...'Ek ken jou nog voordat jy gevorm is in die skoot van jou moeder. Voor jou geboorte al het Ek jou gekies en aangestel om namens My te praat met die nasies van die wêreld.' Ek het geantwoord: 'Nee, oppermagtige Here, ek kan nie goed praat nie. Ek is ook te jonk!' Maar die Here het geantwoord en gesê: 'Moenie sê jy is te jonk nie. Gaan na die mense waarheen Ek jou stuur en gee my boodskap vir hulle. Jy moet ook nie bang wees vir hulle nie. Ek sal by jou wees en jou beskerm! Ek is die Here wat so sê.' Toe het die Here sy hand uitgesteek en aan my mond geraak. Hy het vir my gesê: 'Ek het my woorde in jou mond gesit'" (verse 5-9 NLV). Wanneer God jou met een talent toerus, gee Hy nie vir jou 'n vyf-talent opdrag nie, en omgekeerd (sien Matteus 25:14-15). Die wonderlike ding is: Die een-talent persoon en die vyf-talent persoon sal altwee eendag voor Hom staan en hoor: 'Uitstekend! Jy is regtig 'n goeie werker op wie 'n mens kan staatmaak...' (Matteus 25:21 DB).
Sielskos: Miga 5-7; Joh 19:31-42; Ps 105:23-36; Spr 30:15-19
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







