Die Woord vir Vandag
2026-10-20
Laat die verlede met rus
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Nadat hy twee keer tydens die Olimpiese spoedskaatswedlope van 1988 geval het, het Dan Jansen die sportsielkundige, dr Jim Loehr, begin spreek, wat hom gehelp het om 'n nuwe balans tussen sport en die res van sy lewe te vind en om meer aandag aan die geestelike aspekte van skaats te gee. Peter Mueller het Dan se afrigter geword en hom deur oefensessies gelei wat hy as 'die moeilikste wat ek nog ooit moes deurmaak,' beskryf het.
Teen die tyd dat die Olimpiese Spele van 1994 aangebreek het, het Jansen meer selfvertroue as ooit gehad. Hy het net twee maande tevore 'n wêreldrekord oor die 500 meter opgestel, dus het almal voorspel dat hy goud in daardie wedloop sou wen. Toe gebeur die ondenkbare - hy val tydens die 500 meter-wedloop. Dr Loehr het hom aangeraai: 'Begin nou voorberei vir die 1000 meter-wedloop. Trek onmiddellik 'n streep deur die 500 meter-wedloop. Hou op om dit te herleef. Dink aan die 1000!'
Jare lank het Jansen nie geglo dat hy daardie afstand kon wen nie, aangesien hy dit nog altyd as sy swakker item beskou het. Nou was dit sy laaste kans op 'n Olimpiese medalje. Toe die wedren begin, het Jansen gesê: 'Dit het gevoel of ek goed aan die gang is, toe het ek gegly en amper uit die baan getree.' Tog het hy nie paniekerig geraak nie; hy het aangehou en 'n wêreldrekordtyd aangeteken wat hom die goue medalje besorg het.
Daar is 'n belangrike les hieruit te leer. Laat die verlede met rus en glo dat God beter dae vir jou in gedagte het - want Hy het. Die woord vir vandag is dus: 'Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het... Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur!'
Sielskos: Eks 39-40; Joh 5:31-47; Ps 15; Spr 27:10-12
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







