Die Woord vir Vandag

2019-06-04

Wees kreatief (3)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Genesis 1:28 NLV

Jou hemelse Vader het die aarde geskep - en jy is na sy beeld geskape. Dit beteken dat jy gemaak is om kreatief te dink. God het sy kreatiewe werk in ses dae voltooi, toe het ons werk begin. God het inderwaarheid gesê: 'Ek het jou van al die hulpbronne en talente voorsien wat jy nodig het om 'n oorvloedige lewe te hê. Doen nou iets goeds daarmee.' Ons gebruik die skape wat Hy gemaak het se wol om pragtige materiaal in verskillende kleure te maak. God het nie kaas gemaak nie; Hy het koeie gemaak wat melk verskaf sodat ons kaas daarvan kan maak. Die Bybel beskryf die begin van al hierdie dinge met hierdie woorde: "God het hulle geseën deur te sê: 'Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde...'" Die woord 'vermeerder' beteken dat God wil hê dat jy met meer moet opeindig as waarmee jy begin het. Om dit te doen moet jy egter kreatief begin dink! In plaas daarvan om dit wat jy het net eenvoudig te aanvaar, moet jy dit neem en iets daaruit maak. Wanneer jy dit doen, volg jy in jou hemelse Vader se voetstappe. Soms gooi kerke koue water op enige idee of aktiwiteit wat nie godsdienstig is nie, deur te sê dat dit 'wêrelds' is en dat God dus nie daarmee tevrede is nie. Dis soos om te sê dat God slegs binne die vier mure van 'n kerk werk. Nee: 'Die aarde behoort aan die Here, met alles wat daarop is, die wêreld en alles wat daarop lewe' (Psalm 24:1 NLV). Waar jy ook al is, wie jy ook al is, wat jy ook al in die lewe doen, God wil jou kreatiwiteit aan die werk sit sodat jy Hom kan verheerlik en ander mense kan seën.

Sielskos: 2 Kon 1:1-4:17; Mark 11:27-33; Ps 1; Spr 13:1

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background