Die Woord vir Vandag

2019-06-05

Wees kreatief (4)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Eksodus 28:3 DB

God het vir Moses gesê: 'Laat maak vir Aäron waardige en mooi klere wat hom van die ander kan onderskei. Jy moet mense gebruik aan wie Ek uitsonderlike talente gegee het om die klere vir Aäron en sy seuns te maak (verse 2-3 DB). God het vir ons kunstige talente gegee. Wanneer ons hierdie talente gebruik, verheerlik ons Hom. 'Waardige en mooi klere' het kreatiwiteit nodig. Hou op om die geestelike van die sekulêre te skei! 'Verder, doen alles - of dit nou met woorde of dade is - asof julle dit namens die Here Jesus doen...' (Kolossense 3:17 NLV). Hoe word jy kreatief? 1) Deur te erken dat God jou gemaak het om kreatief te wees. 2) Deur Hom te vra om jou areas van talent en kreatiwiteit aan jou te openbaar. 3) Deur kreatiewe idees te waardeer. Maak nie saak wat jy tans doen, of hoe goed jy dit doen nie, 'n kreatiewe idee sal jou in staat stel om dit nog beter te doen. Kreatiwiteit beteken dat jy sien wat almal anders gesien het, dink wat niemand anders gedink het nie, sodat jy kan doen wat niemand anders al gedoen het nie. Soms lê kreatiewe denke in lyn met innovasie, waar jy nuwe grond breek. Ander kere beweeg dit langs innovasie, wat jou help om ou dinge op 'n nuwe manier te doen. In elke geval, is dit om die wêreld deur nuwe oë te sien sodat nuwe oplossings gevind word. 'Op die sewende dag was alles klaar. Al God se werk was afgehandel....' (Genesis 2:2 DB). Let wel, kreatiweit het werk nodig, dis hoekom baie mense geneig is om dit te vermy. As jy egter gewillig is om daaraan te werk om kreatief te wees, sal God jou gebruik om groot dinge te doen.

Sielskos: 2 Kon 4:18-6:33; Mark 12:1-12; Ps 48; Spr 13:2-3

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background