Die Woord vir Vandag
2019-06-06
Benader God soos 'n kind
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Matteus skryf: "In daardie tyd het die dissipels na Jesus toe gekom met die vraag: 'Wie van ons sal die belangrikste wees in God se koninkryk?' Jesus roep toe 'n klein kindjie nader en laat dié tussen hulle staan. Toe sê Hy: 'As julle nie met ander oë na die lewe begin kyk en soos die kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van God ingaan nie. Daarom is elkeen wat so nederig soos hierdie kindjie word die belangrikste in God se koninkryk'" (verse 1-4 NLV). Om groot dinge vir God te doen, moet jy Hom met 'n kinderlike houding benader. Jy kan baie leer deur klein kindertjies dop te hou. Maak nie saak waar hulle is nie, hulle vind 'n manier om dit waarmee hulle ook al besig is, te geniet. Hulle vergewe vinnig 'n oortreding. Die een oomblik baklei hulle oor iets, die volgende oomblik speel hulle lekker saam. Hulle vertrou ook maklik. Jou kinders bekommer hulle nie oor banklenings, etes of begrotings nie, omdat hulle jou onvoorwaardelik vertrou om aan al hulle behoeftes te voldoen. Wat het Jesus ons hierdeur geleer? a) Om eenvoudige geloof te hê. b) Om eenvoudige gebede te bid. c) Om vinnig te bekeer. d) om gereeld na God se hulp uit te reik. e) Om te glo dat jou hemelse Vader goed is en dat Hy '...die goeie nie [sal] weerhou van hulle wat doen wat reg is nie' (Psalm 84:12 NLV). Ook, wanneer jy kinders vergewe, hardloop hulle nie rond en voel skuldig en veroordeeld nie. Met hierdie tipe eenvoud in jou verhouding met God, sal jy vind dat jy geestelik groei en Hom nog meer as ooit tevore geniet. Dit behoort jou doelwit te wees.
Sielskos: 2 Kon 7-9; Mark 12:13-27; Ps 132:1-10; Spr 13:4-6
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






