Die Woord vir Vandag

2022-09-27

Ontwikkel 'n smaak vir God se Woord

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Psalm 119:103 NLV

Die feit dat ons nou groente geniet wat ons as kinders gehaat het, dui aan dat ons as volwassenes 'n smaak vir gesonde, lewensgewende kos kan ontwikkel. Omdat die Bybel sielskos is, kan jy ook 'n smaak daarvoor ontwikkel. Eugene Peterson skryf: 'Christene voed op die Skrif. Die Heilige Skrif koester die heilige gemeenskap soos voedsel die menslike liggaam koester. Christene leer of bestudeer of gebruik nie bloot die Skrif nie; ons verteer dit en neem dit in ons lewens op op 'n manier wat in liefdesdade gemetaboliseer word.'

Verbruikersnavorsing dui daarop dat die gemiddelde Bybeleienaar nege Bybels het en steeds meer wil hê. Wat is met hierdie prentjie verkeerd? Die onuitgesproke geheim is dat baie mense die Bybel vervelig vind. Dis 'n redelike onlangse probleem - en 'n ernstige een. Antieke Grieks, die taal waarin die Nuwe Testament geskryf is, het nie 'n woord vir verveeldheid nie. Die woord het eers die laaste paar eeue sy huidige betekenis in Engels gekry. As ons die antieke wêreld in ag neem - geen televisie, internet, flieks en feitlik geen boeke nie - is ons geneig om te dink hoe vervelig dit moes gewees het. Die antieke mense was egter nie verveeld nie.

Ons is die generasie wat verveeld raak, omdat ons ons kapasiteit om ons aandag te fokus en ons gedagtes in langdurige gedagtegange te verlustig, as gevolg van ons afhanklikheid van eksterne stimuli, verklein het. Ons het te veel aanloklike alternatiewe. Dis hoekom dit dissipline verg om 'n getroue Bybelleser te word en dit dan 'n plig en uiteindelik 'n plesier word. 'Hoe aangenaam is u woorde vir my; dis soeter as heuning in my mond.' Dit kan jou ervaring ook wees wanneer jy God se Woord lees. Jy moet net ernstig daaroor raak.

Sielskos: 2 Kor 11:16-13:14; Mark 15:1-11; Ps 54; Spr 21:18-21

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background