Die Woord vir Vandag
2022-10-14
Probleemoplossing (1)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Elke probleem waar voor jy in die lewe te staan kom, leer jou iets van jouself. Dit wys hoe jy dink en waarvan jy gemaak is. Mense reageer op probleme op drie maniere: 1) hulle weier om dit te aanvaar, 2) hulle aanvaar dit en verduur dit, of 3) hulle aanvaar dit en probeer om dinge te verbeter. Hoe reageer jy op probleme?
Paulus was 'n probleemoplosser. Hy het geweet dat hy met God aan sy kant sou seëvier. 'Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte - die allesoortreffende krag kom van God en nie van ons nie. Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons word nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie' (verse 7-9 NLV). Wat moet jy dus doen wanneer jy voor probleme te staan kom?
1) Verwag hulle. Aangesien probleme onvermydelik is, moet jy jouself geestelik en emosioneel daarvoor voorberei. As jy vir God se beste bid en Satan se ergste verwag, sal jy jouself in 'n goeie posisie bevind om die probleme wat oor jou pad kom, op te los.
2) Sien die groter prentjie. Jy kan nie bekostig om deur emosie oorweldig te word nie. Jy kan ook nie bekostig om in die klein dingetjies verstrik te raak en dit wat belangrik is, uit die oog te verloor nie.
3) Hanteer een ding op 'n slag. Richard Sloma het gesê: 'Moet nooit al die probleme op een slag probeer oplos nie - gee een-een aan hulle aandag.' As jy verskeie probleme het, maak seker dat jy die een waaraan jy werk heeltemal oplos, voor jy na die volgende een toe beweeg.
Sielskos: Ef 1:1-4:16; Joh 3:9-21; Ps 89:1-14; Spr 23:10-14
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za





