Morning Delight

Geskeduleer op

Sondag 03:00 05:00

skakel IN EN VERLUSTIG jou IN DIE WOORD VAN GOD

Tagged as: ,
Motiveering om jou reis met die Here voort te sit.



Met trosts gebord deur Die Woord vir Vandag.

 

Morning Delight op Radiokansel 657AM nooi jou uit om in te skakel en jou in die Woord van God te verlustig.

Ons aanbieder, Refilwe Lamola, fokus elke maand op ‘n nuwe reeks. As jy sukkel om die Bybel te bestudeer, sal dit jou in die regte rigting stuur. Morning Delight hoop om jou te motiveer om jou reis met die Here buite die radioprogram voort te sit. Tipiese besprekingspunte sluit onderwerpe in soos om jou geloof te vernuwe en jou doel te verstaan. Die geregtigheid van God, heiligheid, gebed en vergifnis is ook onder bespreking. Refilwe kyk ook na ons Facebook-blad om in kontak met relevante onderwerpe te bly.

Ek doen my navorsing op die Radiokansel Facebook-blad en kyk waarop luisteraars reageer. Dit dui ook aan watter probleme hulle mee sukkel. Ek wil mense op die punt van hul geestelike behoefte ontmoet. Soms sê God egter vir my om op ‘n spesifieke onderwerp te konsentreer.

Refilwe se navorsing strek nog verder, sy doen ook opnames met behulp van Survey Monkey, en gebruik hashtags om uit te vind wat mense oor ‘n onderwerp sê.

Ek gebruik ook boeke en verskillende Bybels om voor te berei vir ‘n onderwerp wat ek gaan bespreek.

Tydens Morning Delight verlustig ons, ons in die Woord van God, ons bid, bestudeer die Woord, deel getuienisse, aanbidding en leringe. Die Woord van God is die bron waaruit alles spruit.

Verwag gebed en baie motivering en bly geseënd wanneer jy vir Morning Delight op Radiokansel 657AM, saam met Refilwe, inskakel.


Lees meer

Morning Delight span

Refilwe is bekend vir haar liefde vir mense.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM