Refilwe Lamola


Refilwe Lamola shows

Morning Delight

skakel IN EN VERLUSTIG jou IN DIE WOORD VAN GOD

Morning Delight radiokansel 657AM

Refilwe Lamola is ‘n radio-aanbieder op Radiokansel 657AM, ‘n entrepreneur, en ook bekend vir haar liefde vir mense.

Sy is gebore en getoë in die Seshego gemeenskap in Limpopo, wat direk noord-wes van die stad Polokwane lê. Sy is deur haar oorlede moeder, Tumisang, grootgemaak.

Een van die belangrikste lesse wat my ma my geleer het is om altyd plek te maak vir teleurstellings. Dit help my om lesse uit situasies te leer en aan te gaan.

Refilwe sê dit het haar gehelp om situasies te hanteer wanneer dinge nie volgens haar wil gaan nie. In 2011 verhuis sy na Pretoria om Siviele Ingenieurswese aan die Tshwane Universiteit te studeer. Hierdie reis is tot stilstand gebring toe haar ma in 2014 oorlede is.

Refilwe Lamola – Radio

Refilwe is in 2016 aan die radio-uitsaaiwese bekendgestel toe ‘n dame wat in haar glo, haar motiveer om by Tshwane FM betrokke te raak. Hier het sy baie oor radio geleer. Haar begeerte om by ‘n plek te werk wat haar ook geestelik sal bevoordeel, asook ‘n vriend wat in die Christelike uitsaaiwese gewerk het, het haar na Radiokansel gelei. “Ek het saam met my vriend na Radiokansel gegaan om dokumente af te laai. Ek het ‘n paar mense daar ontmoet en is gevra om my ‘demo’ te stuur,” vertel Refilwe. ‘n Jaar later, in Februarie 2019, het sy ‘n oproep ontvang en die geleentheid gekry om by die stasie aan te sluit.

In 2017 is sy met Keitumetse getroud, wie sy beskryf as ‘n mens wat hou van lag. Hy is ‘n liedjieskrywer, speel drie instrumente en hou van aanbidding. Sy is stewig in die Woord van God geanker, het ondervinding in skakelwerk, administrasie en organisering van geleenthede en het onlangs haar eie onderneming, Harvest Hair, geloods.

Word geïnspireer en opgehef as jy by Refilwe Lamola aansluit tydens Morning Delight op Radiokansel 657AM.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM