Die Woord vir Vandag
2019-11-26
Voel jy vandag oorweldig?
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Sommige mense in die Skrif wat ons bewonder, het soms uitgemergel gevoel, maar kon nie rus kry nie. Jeremia het gesê: '...Dit is klaarpraat met my! Ek kry alreeds so swaar en dan maak die Here my pyn net nog meer. Ek is al so moeg van my eie gesug, ek kan net nie rus vind nie' (vers 3 NLV). Die Psalmdigter het dit so gestel: 'Dis net my geloof in die Here wat my staande hou. Sy goedheid dra my elke dag van my lewe. As ek dit darem nie geglo het nie...' (Psalm 27:13 DB). Hy gaan voort om te sê: '...Vanaf die einde van die aarde roep ek tot U om hulp, want ek is moedeloos verby. Lei my na die rots hoër as ek... Laat my vir altyd in u woning bly, en onder die beskerming van u vleuels skuil! (Psalm 61:2-5 NLV). As jy vandag oorweldig voel, neem 'n oomblik om hierdie gebed te bid: 'Here, dit voel of die wêreld se probleme op my skouers rus en ek weet dat dit nie u wil is nie. Leer my om my bekommernisse vir U te gee, met die wete dat U beloof het om vir my te sorg (sien 1 Petrus 5:7). Gee my die moed om die dinge te verander wat ek kan verander, die genade om die dinge wat ek nie kan verander nie te aanvaar en die wysheid om die verskil te ken. Moet my nooit so besig laat wees dat ek my stiltetyd met U prysgee nie. Leer my om stil te wees en te weet dat U my God is (sien Psalm 46:11). Dankie dat U my skuiling is, 'n hulp in tye van nood (sien Psalm 46:2). In Jesus se Naam bid ek dit. Amen.'
Sielskos: Jos 1-4; Joh 14:1-14; Ps 118:10-18; Spr 28:1-4
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







