Die Woord vir Vandag

2026-01-28

Jou woorde het krag

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Job 6:25 AFR53

Luister na dagstukkie

Hier is twee stories uit die geskiedenis wat illustreer hoe die krag van jou woorde ander kan beïnvloed: 1) Eendag het 'n altaarseun die priester by 'n mis in die plattelandse kerk in sy klein dorpie bedien. Die seun, senuweeagtig in sy nuwe rol, het per ongeluk die wynkruik laat val. Die priester het hom hard op die wang geslaan. Toe, met 'n growwe stem wat die gemeente duidelik kon hoor, geskree: 'Verlaat die altaar en moenie terugkom nie!' Daardie seun het Marshall Tito geword, die kommunistiese diktator wat Joego-Slawië dekades lank met wreedheid regeer het.

2) Eendag het 'n ander seun in 'n groot stadskatedraal 'n biskop by 'n Sondagmis bedien. Hy het ook per ongeluk die wynkruik laat val. Die biskop het na hom gedraai, maar eerder as om in woede te reageer, het hy saggies met 'n warm vonkel in sy oë gefluister: 'Jy gaan eendag 'n goeie priester wees.' En hy was. Daardie seun het uiteindelik Aartsbiskop Fulton Sheen geword, wie se weeklikse televisie-preke deur miljoene mense regoor Amerika gekyk is.

Jou woorde het die krag om op te bou of af te breek, te verlig of te verwar, vrede te bring of verdeeldheid te veroorsaak. Die ou gesegde: 'Sticks and stones may break my bones, but words will never hurt me,' is eenvoudig nie waar nie. Jou woorde kan seermaak. Hulle kan egter ook selfbeeld bou, vriendskap skep, hoop gee en seën en genesing bring: 'Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir sy lewe' (Spreuke 16:24 NLV). Bid dus soos Dawid: 'Mag die woorde van my mond en die gedagtes van my hart vir U aanneemlik wees, Here, my rots en my Verlosser' (Psalm 19:15 NLV).

Sielskos: Num 7; Luk 6:27-36; Ps 107:1-9; Spr 3:13-18

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background