Die Woord vir Vandag

2019-06-03

Wees kreatief (2)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Filippense 2:13 NLV

Jy sal slegs goeie idees hê wanneer jy idees waardeer. Andersins sal jy deur die lewe gaan deur op ander mense se idees te teer. Kreatiewe denkers: 1) Verken elke opsie. Deur 'n verskeidenheid opsies te verken, stimuleer jy jou verbeelding, wat noodsaaklik vir kreatiwiteit is. Albert Einstein het gesê: 'Verbeelding is belangriker as kennis.' Hoekom? Omdat verbeelding nuwe maniere soek om jou kennis te gebruik. 2) Gebruik dubbelsinnigheid. Kreatiewe mense het nie die behoefte om onsekerheid uit te skakel nie. Hulle sien allerhande teenstrydighede en gapings in die lewe en geniet dit om daardie gapings te verken of hulle verbeelding te gebruik om dit te vul. Wanneer jy voor 'n behoefte te staan kom, kan jy óf dink dat daar niks aan gedoen kan word nie, óf jy kan bid en 'n manier soek om aan daardie behoefte te voldoen (Filippense 4:19). 3) Vier die vreemde. Kingman Brewster, die voormalige president van Yale Universiteit, het gesê: 'Daar is 'n korrelasie tussen die kreatiewe en die vreemde vent. Ons moet dus die vreemde vent met liefde verdra.' Om kreatiwiteit te bevorder, moet ons gewillig wees om oorspronklikheid en vreemdheid te verdra. 4) Is nie bang vir mislukking nie. Die Amerikaanse filosoof Charles Frankel het gesê: 'Angs is die noodsaaklike toestand vir intellektuele en kunssinnige skepping.' Kreatiwiteit verg 'n gewilligheid om simpel te lyk. Kreatiewe mense weet dit, maar hou steeds aan om nuwe idees te soek. Hulle weier om toe te laat dat die idees wat nie werk nie, hulle daarvan weerhou om met die idees wat wel werk, vorendag te kom.

Sielskos: Op 19-22; Mark 11:12-26; Ps 129; Spr 12:27-28

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background