Die Woord vir Vandag

2021-07-26

Belê in jou kinders

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Job 8:7 NLV

Die Lazy B beesplaas beslaan tweehonderd en sestig vierkante myl, waarvan die meeste uit ruigtes bestaan. Die plaas is al sedert 1881 in die Day familie se besit. Toe Harry en Ada Mae Day hulle eerste kind, 'n babadogter, gehad het, moes hulle tweehonderd myl na die naaste hospitaal vir die bevalling reis en het hulle haar daarna huis toe, na 'n moeilike lewe, gebring. Die huis het uit vier kamers bestaan en het geen lopende water of elektrisiteit gehad nie en daar was geen skool binne ry afstand nie.

Jy sal dink dat met sulke beperkte hulpbronne, die dogtertjie se toekoms beperk sou wees. Harry en Ada Mae was egter vasbeslote dat hul kinders die beste opvoeding moontlik sou kry. Hulle het op koerante en tydskrifte ingeteken en ure lank vir hul kind gelees. Toe hulle dogter vier jaar oud was, het Ada Mae begin om haar tuisonderrig te gee en later het sy na die beste moontlike skole gegaan, waar sy in die koshuis gebly het.

Een somer het hulle hulle kinders in die kar gebondel en al die hoofstede in Amerika, wes van die Mississippirivier, besoek. Na skool, is die jong Sandra Sanford Universiteit toe, daarna regskool toe en het uiteindelike die eerste vroulike regter geword wat op die Hooggeregshof van die Verenigde State van Amerika se regsbank gesit het.

Die woord vir jou vandag is dus - belê in jou kinders. Wees gewillig om klein te begin, andersins sal jy glad nie begin nie. In plaas daarvan om op dit wat jy nie het nie te fokus, begin om dit wat God jou gegee het te gebruik en Hy sal dit seën. Staan op hierdie Skrifgedeelte vir jou kinders: 'En al het jy met min begin, sal jy met baie eindig.'

Sielskos: Deut 1-2; Luk 9:37-45; Ps 42:6-11; Spr 16:17-19

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord



Current track

Title

Artist

Background