Omgee vir ons kinders projek

Hier by Radiokansel verstaan ons dat die jeug ons toekoms is, en dit is waarom ons talle projekte het wat daarop fokus om ‘n verskil te maak in die lewens van jongmense. Ons het op 18 Julie 2023 die voorreg gehad om verskeie items aan Eleos, The Potato Foundation, Louis Botha Kinderhuis and Huis Ebenaeser te skenk. Hierdie items sal ‘n wêreld se verkil in soveel kinders se lewens maak.

Dankie aan ons Radiokansel luisteraars vir julle betrokkenheid met hierdie projek, asook julle ondersteuning deur gebed en finasiële bydraes. Julle ondersteuning help ons om uit te reik na kinders in nood. ‘n Groot woord van dank aan die organisasies wat by gedra het tot hierdie inisiatief: Pharmacy at Spar Stoneridge, Tiny Sparrows, Jason’s Angels and XCO Group.



Current track

Title

Artist

Background